Slaan oor na hoofinhoud

Joshua na die Reën






1. Baie Welkom by NasieInspirasie!

Ons doel hier is om mense te inspireer en te bemoedig. 

Wat of wie inspireer jou? 

Mense wat hul drome volg en lewe 
vir die mense rondom hulle



2. As jy terugkyk oor jou Lewe, watter keuses wat jy gemaak het tot dusver is jy meeste oor Dankbaar? 

Dat ek gekies het om te glo in alle tye, maklike en moeilike, 
goed en sleg, lig en donker, daar kan wees vir n doel, as ek kies om Vader se hart te vertrou!



3. Waarvoor wil jy onthou word?

Ek sal graag onthou wil word as 'n mens wat homself sou prysgee



4. Wie is in jou TOP 3 Suid Afrikaanse
Kunstenaar of Band lys? 
(Jou gunsteling)




Mango Groove

Elvis Blue

Gangs of Ballet



5. Waarmee is Joshua na die Reën tans besig (iets om na uit te sien?) 

Ek werk tans aan my nuwe album wat Februarie 2016 sal vrygestel word...mense kan die proses volg by #JNDRstudioTYD



6. "Life Quote" wat al vir jou iets beteken het?




"When it’s all been said and done, all my treasures will mean nothing. Only what I’ve done for loves reward will stand the test of time" Robin Mark




"If I find in myself desires that nothing in this world can satisfy, I can only conclude that I was not made for here" CS Lewis


Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Joshua Na Die Reën & Liani Reynolds

    Liani Reynolds en Jacques van Joshua na die Reën

Joshua Na Die Reën het al ‘n huishoudelike naam geword in Suid Afrika en almal wat sy musiek hoor is gaande daaroor. Vir die rede was Affies Seunsskool, in Pretoria, se saal vol gepak met afwagting op sy nuutste album. Almal het uitgesien na sy gevoelvolle stem wat gemaklik hoog en dan weer laag deur jou hart sny met sy sielvolle lirieke. Jy kan sy musiek voel en jou hart kan dit verstaan. Ek dink dis hoekom so baie mense sy musiek geniet. Ons, ek en Lenetjie, was ook baie opgewonde om Liani Reynolds se album te beleef, veral vir dié wat haar unieke diep stem gehoor het op die Lugballon enkelsnit van Musiek soos Grond. Laat ek vir jou ‘n prentjie skets van die heerlike aand sodat jy kan voel asof jy ook daar was. Ek deel graag met julle my belewenis.


Voor die konsert het ons vinnig ‘n paar fotos geneem en geselsies aangeknoop met sangers, radio omroepers en Jacques se ma wat op kort kennis kaartjies verkoop het.


Melissa (NasieInspira…

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is!

So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen.
(Talk about rubbing me up the wrong way!)

Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap...

Ons veiligheid.
Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal?
Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek?

Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met 'n ander o…

Noem My Skollie - Die Resensie

#NasieInspirasie
Fliekresensie: Noem My Skollie




Duur: 2.5 ure

Skrywer: John W. Fredericks

Regie: Daryne Joshua

Vervaardiger: David Max Brown

Klankbaan: Kyle Shepherd
(Geskik vir kykers vanaf 18jaar)

Kyk, dis die eerste fliek wat my binne my sitplek in die teater laat voel het ek is verseker nié veilig nie. Noem My Skollie is hard en onverskrokke, maar baie eg tot die werklikheid. Die feit dat die film gebaseer is op John W. Fredericks (die skrywer) se lewensverhaal, maak dit net meer roerend.

Na jy dié wêreld van daaglikse geweld en oorlewing op die Kaapse vlaktes en in Pollsmoor se tronk uitgebeeld gesien het, sal jy sukkel om weer op dieselfde, haai-shame-dis-darem-erg manier daar verby te ry. Gevolglik speel baie gebeure af in areas waar jy as kyker al self voetspore gelos het, en dít bring die film ook baie nader aan jou eie lewe.

AB, Gimba, Gif en Shorty is tipiese jong seuns wat in die 1960’s hul geluk uitprobeer in hul eie bende, Young Ones, totdat AB en Gimba deur die polisie gevang …