Slaan oor na hoofinhoud

Liefde is Tuis


As ek aan “liefde is tuis” dink, laat dit my dadelik aan nog mooi gesegdes dink soos “Home is where the heart is”, “there’s no place like home”, “home sweet home” Dis seker oor ons tuiste so ‘n spesiale plek is dat ons so baie gesegdes daaroor het. Dit laat my ook met ‘n glimlag dink aan die oomblik in die middag wat die hek oopkreun en my kindertjies een vir een agterdeur toe hardloop en skree “Pappa!”.  Liefde is tuis. Ons tuiste is die plek waar ons woon en leef en net kan wees en ontspan. Dis waar ons saam met ons geliefdes bly en dis waar ons die veiligste voel. Dis die plek waar ons onsself kan wees en onsself ontdek. Dis waar ons geliefd en spesiaal voel. Dis my gunsteling plek, my toevlug, my herlaaiplek. Maar soos elke eggenoot en ouer weet is liefde nie net al die lekker van die lewe nie. Liefde beteken ook die mense wat lief genoeg vir jou is om jou te help en lei om te groei. Die mense wat aan jou skaaf. Wat inbou en inspreek in jou menswees. Sommige sal sê dat hierbo net ‘n ideaal is en onbekombaar in ons era, waar ‘n tuiste, of eerder ‘n huis, net ‘n plek is waar ons ‘n paar uur van die dag eet en slaap. Dit gebeur ongelukkig wel in ons era wat soms so (oor) besig is. Dis nie onmoontlik om jou huis ‘n tuiste te maak nie, al werk jy lang ure. Dit gaan oor wat doen julle saam wanneer julle wel saam tuis is. My man en ek was nog altyd huishennetjies. Ons sal veel eerder by die huis met ons kindertjies en goeie vriende of familie kuier as om die winkels in te vaar oor die naweek.
“To each his own.” Aan die anderkant van die spektrum  begin al hoe meer mammas om nog meer tyd en invloed in hulle kinders te belê deur tuisonderrig te doen. Dis ‘n groot besluit wat nie ligtelik gemaak word nie. Waar ookal jy bly en hoe baie tyd jy tuis spandeer hoop ek die is waar vir jou:
SPREUKE 17:1
“Liewer 'n stukkie droë brood met vrede daarby
as 'n huis vol kos met 'n getwis daarby”.
Ek laat julle met ‘n paar boodskappe van Moedersdag wat vir my spesiaal was, (met permisie geplaas).
Hettie Brittz het geskryf “Dear Moms and Grannies, thank you for the smells, the sounds and the feelings of "home" that you created. They help us find our way back when we are lost. Your freshly baked goodies smell of hope, your kind words sound like grace's song and your open arms feel like homecoming. We love you!”

Joe Vorster het ‘n nuwe liedjie geskryf waarvan ‘n versie is:
“Net jy alleen sal oor berge
en dale reis Ek vir jou en jy vir my
Waar jy is daar's my huis”


Melissa Viljoen

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde