Slaan oor na hoofinhoud

Laurika Rauch





1.Welkom Laurika! Wat is jou lewensmotto of beginsel, waarmee jy on-onderhandelbaar is?
Ek weet nie van ‘ononderhandelbaar’ nie. Alles is onderhandelbaar, maar een van my motto’s is:
" Almal doen net hulle bes volgens waartoe hulle op 'n gegewe stadium in staat is."

2.Watter musiek Luister/Geniet jy?
Alles. Die lekkerste is om nuwe musiek vir die eerste keer te hoor en dan weer en weer daarna te luister. Klassieke én eietydse musiek doen dit vir my.

3.Het jy nog enige senuwees wat kou voor 'n vertoning?
Ja, altyd - omdat dit steeds saak maak. Ook laat dit my beter werk.

4.Wat is jou gunsteling tydverdryf wanneer jy nie sing nie?
‘Chill’ saam met vriende en/of familie. Salige niksdoen. ‘Road trips’ met perfekte musiek. Lees. Movies. Peuter. Huisbou!. Shows bywoon. Tyd in die natuur.

5. Enige Hoogtepunte sover in 2015 of nuwe dinge wat voorlê wat jy graag wil deel?
Baie. Kuier saam met ons kinders. Reise. Aangename kliënte. Lekker werksgeleenthede. Hart en See se DVD opnames saam met Elvis Blue. Samewerking met my agent, Annarie Hugo en in die vooruitsig is ’n nuwe album vir volgende jaar.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

THE ROAR

Dis lanklaas wat 'n fliek my so opgewonde gehad het dat ek my man wil afvlieg om die uitsending in George te gaan kyk. Die fliek waarvan ek praat is THE ROAR, 'n Frans Cronjé film, wat ek onlangs in Pretoria met die vertoning daar gaan kyk het vir resensie doeleindes. Die film stem so wonderlik ooreen met Nasie se leuse en hartklop...
Die hele fliek gaan daaroor om uit te vind wat jou lewensdoel is, dit raak te sien en om dit te bereik. Spreker, Gustav Gous was ook daar gewees. Hy praat gereeld oor lewensdoel en sy insprake was vir my baie spesiaal gewees. Hy het gesê mense dink hulle het net een doel, maar ons het eintlik ten minste 9 doele wat God vir ons elkeen uniek gemaak/gegee het. Dit was vir my 'n baie lekker ervaring en veral om te sien hoe opgewonde Frans Cronjé is oor hierdie film!
The Roar vorm deel van 3 verskillende films onder die Purpose Campaign. 6 Below wys reeds by lokette, The Roar en Victor is die ander twee en word die 2de Maart en die 13de April bekend…

The Roar and I

As I sat down in front of my computer to write what is burning in my heart, with that loathsome cape of self-doubt hanging around my shoulders – what makes me think that I’m worthy of sharing my views with the world? – a randomly generated Windows Spotlight Image greets me. Yes, as you can see a mighty lion relaxing in the sun, face into the wind. Powerful and content. I couldn’t help but chuckle and you will soon see why.

The recently released film, The Roar, tells a powerful tale of Louise (Almarie du Preez), a young woman who has to make some important decisions about her future. Not only her future, her destiny. The viewers follow her journey of discovery in the setting of the bushveld family farm and lodge ran by her father, Ranger (Frans Cronjé), who struggles with finding his footing in life after the passing of his wife. Not to forget her fiancé, André (Heinz Winkler), who is not only a pillar of strength to Louise, but her comrade in the day-to-day running of the business as …

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is!

So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen.
(Talk about rubbing me up the wrong way!)

Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap...

Ons veiligheid.
Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal?
Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek?

Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met 'n ander o…