Slaan oor na hoofinhoud

TWEE - Ons gesels met Herman van TWEE



1. Vir iemand wat natuurlike talent het om gevoelens en ervaringe in liedjies om te sit, wat, sou julle sê, inspireer julle musiek die meeste?

Ek skryf redelik divers en hou van aktuele temas maar op die ou einde van die dag wen die tema van liefde. Ek kan dus sonder twyfel sê dat liefde my die meeste inspireer om te skryf.


2. Hoe het jul lewens verander van VOOR julle as wenners vir Afri-Visie 2015 aangewys is tot nou?

AfriVisie was 'n ongelooflike platform en het vir ons geweldig baie deure oopgemaak. Ons het bv. die naweek by Super Skouspel opgetree wat nooit anders sou gebeur het indien dit nie vir AfriVisie was nie. Verder het dit ons in 'n posisie geplaas waar ons 'n ordentlike album kan opneem wat ons teen die einde van die jaar met julle sal deel.


3. Waaroor is jy passievol?

Musiek en mense. En selfs hierdie land van ons asook konsep-ontwikkeling. Ek hou van alleen wees en dink en leer. Maar die grootste passie sal maar altyd musiek bly. Ubuntu is ook 'n voorbeeld van iets waaroor ek passievol is. Die lewe is darem maar een interessante ervaring!


4. Enige stokperdjies?...
Ek het onlangs weer bietjie begin gholf speel en ek geniet dit terdeë maar my eintlike stokperdjie is skryf. 'n Mens kan dit seker nie meer 'n stokperdjie noem nie maar dit voel nog soos een.


5. Werk julle tans aan opnames/album en wanneer sou dit beskikbaar wees?
Ons doen inderdaad en dis vir ons geweldig opwindend! Ons stel hom vry aan die einde van November.


6. Watter Musiek hou jy van om na te luister?


Dit klink dalk vreemd maar ek luister nie regtig baie musiek nie. Maar hier is 'n lysie van van my gunstelinge: kings of leon, mumford & sons, the lumineers, coldplay en spoegwolf



7. Enige Raad vir Aspirant Skrywers/Musikante?
"It takes ten years to make an overnight success" - onthou dit en hou net aan al is dit moeilik. Ons lewe in 'n kits samelewing waar almal wil he dinge moet dadelik gebeur... Dit werk ongelukkig nie so nie. So hou moed, oefen, groei en vul musiek aan met ander goed want jy is jou besigheid en jy moet hom bestuur. So bou kennis op wat jou gaan help met daardie proses. Ek glo ook dis belangrik dat jy jou eie grootste "aanhanger" is. As jy nie hou van dit wat jy doen nie sal mense dit optel en dis 'n resep vir 'n ramp.



Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde