Slaan oor na hoofinhoud

TWEE - Ons gesels met Maria van TWEE


1. Vir iemand wat natuurlike talent het om gevoelens en ervaringe in liedjies om te sit, wat, sou julle sê, inspireer julle musiek die meeste?
Sjoe, ek dink dit is nie iets wat 'n mens in 'n neutedop kan opsom nie. Herman is ons liedjieskrywer en ek dink dat sy groot inspirasie is maar liefde... Of dit is in elk geval wat ek uit sy musiek uit kry. Hy hou ook daarvan om sosiale kwessies aan te spreek.


2. Hoe het jul lewens verander van VOOR julle as wenners vir Afri-Visie 2015 aangewys is tot nou?
Hand-omkeer. Dit is so 'n voorreg om aan so 'n ongelooflik kompetisie te kon deelneem. Ek en Herman sing al vir 'n geruime tyd saam. Voor die kompetisie was ons dieselfde as na die kompetisie, net met 'n baie kleiner gehoor. Nou, na die kompetisie, is daar so baie deure wat oopgemaak is en ons kry die ongelooflikste blootstelling om dit waaraan ons so lank (en hard) aan werk te deel met die mense!


3. Enige stokperdjies?...
My koor. Ek is 'n ernstige koor-liefhebber. Ek het gesing in Durbanville Voorbereding- en laerskool se kore. Tygerberg Kinderkoor. SA Jeugkoor en was deel van die Stellenbosch Universiteitskoor. Ek het op die oomblik my eie koor (Durbanville Hoërskool) en 'n sêrgroep uit die koor gevorm met die naam DAKPLAAT. Dit is my praktiserende stokperdjie ;)

4. Werk julle tans aan opnames/album en wanneer sou dit beskikbaar wees?
Ons het ons nuwe enkelsnit 'n rukkie terug opgeneem en sal binnekort beskikbaar wees. Ons album hoop ons om klaar te hê aan die einde van November (die einde van die jaar tien teen een...)


5. Watter Musiek hou julle van om na te luister?
Ek geniet 'n stukkie FOLK musiek terdee! Ek luister graag na Mumford & Sons. Of Monsters and Men. Bastille. Ben Howard. Koormusiek... En Deon Meiring se nuwe EP, Slaapkamer sessies, is op die oomblik op repeat in my kar.


6. Enige Raad vir Aspirant Skrywers/Musikante?
Bly altyd wie jy is. Hou jou styl. Hou jou liefde. Wees altyd oop vir raad en kritiek - mens leer daaruit. Dit werk ook om betyds te wees ;)


Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde