Slaan oor na hoofinhoud

Die Begin - Lizandra Winter


Lizandra Winter se eerste enkelsnit, Die Begin, vanaf haar selfgetitelde Afrikaanse debuut-album is vroeër vanjaar vrygestel en kan gereeld oor die klankgolwe van radiostasies landswyd gehoor word. Die musiekvideo vir hierdie liedjie is besonders en is pas bekendgestel.

Kyk die video hier: https://youtu.be/a0awgVpO1bU

Die video gaan daaroor dat ‘n mens so maklik vasgevang word in die gejaag van die lewe, dat jy vergeet wat regtig belangrik is. Dit is moontlik gemaak deur Little Big Studio en vervaardig deur DaVille Films (Jean de Viliers & Ja-en Kleynhans). Verfilming het plaasgevind by Val de Grace, Leon en Terese Potgieter se woning, en die konsep is ontwikkel deur Jacques de Villiers (Joshua na die Reën) en Lizandra Winter.

Die rol van die ouer dame in die video word vertolk deur Marthie Steyn en die dogtertjie in die video is Lizandra se eie klein prinses, Zanilah von Hagen.

Regissuer: Jacques de Villiers
Grimering & Hare: Faffa de Klerk
Stel: Jean de Villiers, Jacques de Villiers, Ja-en Kleynhans, Jeanlie Minnie

Oor haar debuut-album sê Lizandra: ““Die liedjies wat ek gekies het om op die album te wees, is oor ’n tydperk van twee jaar geskaaf. In elke seisoen van my lewe, was daar nuwe inspirasie en het ek geskryf oor die lesse wat ek geleer het en die dinge wat ek voel ek nog moet bemeester. Die musiek op die album gaan oor daardie kosbare dinge in die lewe, wat geld nie kan koop nie en waarin ewigheidswaarde lê. Ek het besluit om dit ’n selfgetitelde album te maak, omdat die liedjies vasvang wie ek is. Dis amper soos ’n aankondiging wat sê: ‘Hier is ek, Wêreld!’.”

Lizandra se strelende fluweelstem, gaan nie net diep spore in die Afrikaanse musiekbedryf trap nie, maar is ook ‘die perfekte begin’ van ’n baie belowende solo-loopbaan vir hierdie talentvolle kunstenaar.

SOSIALEMEDIASKAKEL
Facebook: https://www.facebook.com/lizandrawinter/
Twitter: @Lizandra_Winter
Instagram: @lizandrawinter
Webblad: www.lizandrawinter.co.za


Volg #NasieInspirasie
Facebook: NasieInspirasie/NationInspiration
Blog: www.nasieinspirasie.blogspot.com
Instagram: @nasieinspirasie
Twitter: @iskra

#NasieInspirasie se hart klop om sleepvoet-dromers te inspireer. Waardeer jou eie uniekheid, gebruik jou talente en natuurlike gawes. “‘n Klein vonk kan ‘n groot woud laat brand.”
#nasieinspirasie

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Joshua Na Die Reën & Liani Reynolds

    Liani Reynolds en Jacques van Joshua na die Reën

Joshua Na Die Reën het al ‘n huishoudelike naam geword in Suid Afrika en almal wat sy musiek hoor is gaande daaroor. Vir die rede was Affies Seunsskool, in Pretoria, se saal vol gepak met afwagting op sy nuutste album. Almal het uitgesien na sy gevoelvolle stem wat gemaklik hoog en dan weer laag deur jou hart sny met sy sielvolle lirieke. Jy kan sy musiek voel en jou hart kan dit verstaan. Ek dink dis hoekom so baie mense sy musiek geniet. Ons, ek en Lenetjie, was ook baie opgewonde om Liani Reynolds se album te beleef, veral vir dié wat haar unieke diep stem gehoor het op die Lugballon enkelsnit van Musiek soos Grond. Laat ek vir jou ‘n prentjie skets van die heerlike aand sodat jy kan voel asof jy ook daar was. Ek deel graag met julle my belewenis.


Voor die konsert het ons vinnig ‘n paar fotos geneem en geselsies aangeknoop met sangers, radio omroepers en Jacques se ma wat op kort kennis kaartjies verkoop het.


Melissa (NasieInspira…

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is!

So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen.
(Talk about rubbing me up the wrong way!)

Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap...

Ons veiligheid.
Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal?
Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek?

Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met 'n ander o…

Noem My Skollie - Die Resensie

#NasieInspirasie
Fliekresensie: Noem My Skollie




Duur: 2.5 ure

Skrywer: John W. Fredericks

Regie: Daryne Joshua

Vervaardiger: David Max Brown

Klankbaan: Kyle Shepherd
(Geskik vir kykers vanaf 18jaar)

Kyk, dis die eerste fliek wat my binne my sitplek in die teater laat voel het ek is verseker nié veilig nie. Noem My Skollie is hard en onverskrokke, maar baie eg tot die werklikheid. Die feit dat die film gebaseer is op John W. Fredericks (die skrywer) se lewensverhaal, maak dit net meer roerend.

Na jy dié wêreld van daaglikse geweld en oorlewing op die Kaapse vlaktes en in Pollsmoor se tronk uitgebeeld gesien het, sal jy sukkel om weer op dieselfde, haai-shame-dis-darem-erg manier daar verby te ry. Gevolglik speel baie gebeure af in areas waar jy as kyker al self voetspore gelos het, en dít bring die film ook baie nader aan jou eie lewe.

AB, Gimba, Gif en Shorty is tipiese jong seuns wat in die 1960’s hul geluk uitprobeer in hul eie bende, Young Ones, totdat AB en Gimba deur die polisie gevang …