Slaan oor na hoofinhoud

Wees Pragtig





“Al dra ‘n aap ‘n goue ring, bly hy steeds ‘n lelike ding…”

… so sê die spreekwoord al sedert jaar toet, maar wat is mooi behalwe ‘n opinie of dalk ‘n skandvlek, ‘n wanpersepsie wat mense in boksies plaas waarin niemand pas nie. Prag is meer as hoe ‘n persoon lyk, dis hoe jy mense om jou laat voel, die vermoë om mense hoop te gee en mense se harte te raak. Hoe jy mense laat voel is die sentripetale energie wat mense na jou toe aantrek en dit is ware skoonheid.

Die verskil tussen diamante en houtskool is net dat ‘n diamant se stofdeeltjies baie meer presies gevorm is, maar essensieël bly dit verkoolde hout. ‘n Goeie vriend het my weer onlangs geleer dat ‘n diamant ‘n vinnige en maklike manier is om ‘n geliefde se hart te steel, maar netso is die stil oomblikke om ‘n kaggel, met houtskole wat kwetter en sorg vir pragtige herrinneringe vir jare in die toekoms. 



Dus kan “mooi” nie geklassifiseer word nie, mooi is uitheems, eksentriek, luidrigtig en kleurvol, maar mooi kan ook privaat, diep, hartroerend en beskroomd wees. Mooi is die interpretasie van wat elke person begryp daarvan. 


Bo alles is menslikheid die grootste gawe wat ons met mekaar kan deel, en ons almal beskik oor die bekwaamheid om die wêreld mooier vir iemand anders te maak. “Looks fade” maar soms moet ons almal net weer aan die skouers gegryp word en wakker geskud word deur Realiteit en besef dat niemand vir ons ‘n prentjie van mooi kan skilder nie. Ons besluit self as iets mooi is al dink die res van die wêreld dis minder mooi. Mooi is om iemand se hart tevrede te stel, mooi is die emosionele hupstootjie wat jy, iemand wat geknak is, kan gee, mooi is om ‘n vaal en droefgeestige wêreld vir iemand vir n rukkie of langer draagbaar te maak.

Mooi is meer as wat op die oppervlak sigbaar is, mooi is wat jy kan doen om die wêreld te verander, een goeie gebaar op ‘n slag.

Charmorne Draay
(meer oor Charmorne)



Volg #NasieInspirasie
Facebook: NasieInspirasie/NationInspiration
Blog: www.nasieinspirasie.blogspot.com
Instagram: @nasieinspirasie
Twitter: @iskra

#NasieInspirasie se hart klop om sleepvoet-dromers te inspireer. Waardeer jou eie uniekheid, gebruik jou talente en natuurlike gawes. “‘n Klein vonk kan ‘n groot woud laat brand.”
#nasieinspirasie

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde