Slaan oor na hoofinhoud

Hennie Meyer Ceramics





Hennie Meyer is 'n keramiek kunstenaar van Kaapstad. Sy klei-kunswerke wek kalmte, nuuskierigheid en bewondering. 


1.Wanneer het jy jou passie om met klei/keramiek as medium te werk ontdek?
Ek is die jaar na matriek as Rotariër uitruilstudent na Australië. Dit was in 1984. Die skool in Australië het geweier om op daardie stadium ’n “wit” Suid Afrikaner in die skool in te neem. Die enigste tersiëre instansie wat bereid was om my te onderrig was die plaaslike technikon en ook net die kunsdepartement! So ek was baie gelukkig om heeltemal toevallig vir ’n jaar lank ’n diploma in keramiek te kon doen. Die medium het my perfek gepas. Ek het teruggekom en kunsonderwys op Stellenbosch studeer. Op Stellenbosch was ’n wonderlike dosent in keramiek, David Steele, wat my liefde vir klei verder aangemoedig en ontwikkel het.

2. Wat inspireer meeste van jou werk?

Die klei self is die sterkste inspirasie. Klei is ’n wonderlike medium. Wanneer ek met die klei werk is ek baie bewus van die proses. Hierdie proses open die deure na nuwe werk. Ek voel ook altyd geinspireer as ek in die teater of by die opera was.







3. Jou bekroonde werk is baie uniek en treffend en is ook by verskeie geleenthede oorsee uitgestal, het jy ooit gedink dat ‘n klein begin so vêr sou gaan?

Nee, glad nie. Ek vertel graag die storie dat keramiek nog nie vir my ’n nuwe motor kon koop nie, maar dit het my wel na die mees fantastiese en interessante plekke in die werêld geneem.

4. Leer jy ander om met keramiek te werk en hoe het dit jou persepsie oor mense en die kunste verryk?
Die laaste pos in my onderwysloopbaan was by die Tygerberg Kunssentrum as keramiekonderwyser. Ek het die kunsonderwys baie geniet. Vandag bied ek ook klasse vir volwassenes vanuit my ateljee in Durbanville aan. Dit is vir my heerlik en baie verrykend om klas te gee.

5. NasieInspirasie is ‘n groep vrywilligers wat graag ander wil inspireer om hulle talente en gawes te gebruik. Watter raad sou jy aan ‘n Sleepvoet-dromer gee, iemand met definitiewe talent maar dink dalk dat dit nie ‘genoeg’ is nie.
Ek glo aan die gesegde: Aanhouer wen. Ek het ’n kollega in die kunsonderwys gehad wat altyd gesê het dat dit nie altyd die beste kunstenaars is wat suksesvol is nie, maar eerder die wat aanhou. My raad sal dus wees om elke moontlike geleentheid aan te gryp, maak nie saak hoe klein of onbelangrik jy dink dit is nie. Gee altyd die beste waartoe jy op daardie oomblik toe in staat is. Daar is ook geen plaasvervanger vir ondervinding nie, en om te ondervind moet jy doen.

6. Gunsteling Quote wat op die oomblik baie vir jou beteken?

’n Gunsteling quote wat by die bogenoemde aansluit is van Mark Twain: The secret of getting ahead is getting started. Ook een van Socrates wat, ek hoe ouer ek word al meer besef, baie waar is: The only true wisdom is in knowing you know nothing.

Facebook: Hennie Meyer Ceramics
Instagram: henniemeyerceramics








Volg #NasieInspirasie
Facebook: NasieInspirasie/NationInspiration
Blog: www.nasieinspirasie.blogspot.com
Instagram: @nasieinspirasie
Twitter: @iskra

#NasieInspirasie se hart klop om sleepvoet-dromers te inspireer. Waardeer jou eie uniekheid, gebruik jou talente en natuurlike gawes. “‘n Klein vonk kan ‘n groot woud laat brand.”
#nasieinspirasie

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde