Slaan oor na hoofinhoud

Die Heuwels Fantasties - OKAY!



Die Heuwels Fantasties se vyfde album word op die 5de Mei 2017 bekendgestel met 'n vertoning by Weiveld in Pretoria. Jy kan nou jou kaartjie by itickets bespreek. Die kaartjie sluit 'n nuwe album in! As jy nie die vertoning kan bywoon nie, kan jy die album by die aanlynwinkel www.suprashop.co.za bestel. Hier volg 'n kort onderhoud wat ons met hulle gevoer het.


1. Wat is die "weirdste" ding wat ‘n “fan” al vir julle gesê of gedoen het?

Een van die "weird" dinge was 'n "fan" wat vir Hunter 'n self geverfde portret gestuur het.


2. Wat is julle "favourite 90’s jam?"
Informer van Snow



3. Ons sien uit na julle nuwe album OKAY. Vertel ons asseblief meer van die kreatiewe proses.
Ons het soos ouder gewoonte weg gegaan om te skryf in Mei verlede jaar, so hierdie is presies 'n jaar later wat als voltooi is. Daarna is als opgeneem in Stellenbosch by Sunset Studios onder die Drakenstein berge en siedaar!

4. Wat was julle oorspronklike vetrekpunt of gedagtes agter hierdie album?
Ons wil altyd albums maak wat ons verteenwoordig in terme van hoe ons gevoel het en waarvan ons gehou het op daardie tydstip van ons lewens. Ons albums is vir ons soos foto-albums en die liedjies soos fotos.

5. LED liefde is ‘n liedjie waarmee meeste mense kan identifiseer.
Wat was julle idee/inspirasie agter hierdie liedjie?

Ek dink dis maar so "sign of the times" tipe ding en "top of mind" vir almal. Die revolt teen tegnologie wat ons tyd steel is regtig.

6. Wat is van julle lekkerste herinneringe met die maak van hierdie spesifieke album?
Ons het baie tyd in Vleesbaai spandeer om die idees bymekaar te trek en dis 'n baie spesiale plekkie vir ons.

7. Ons wil graag ons lesers motiveer om die lewe te geniet, te droom en hulle natuurlike talente sonlig te gee. Watter raad sou julle aan ‘n sleepvoet-dromer gee?
Onthou altyd dat dit wat jou uniek maak die beste ding is waarmee jy kan rol, dus moenie probeer klink of wees soos iemand anders nie doen net wat jy doen - mense wil uniekheid sien!

8. Watter liedjie geniet julle die meeste om "live" te doen en hoekom?
Klein Tambotieboom is altyd pret en voel asof die liedjie so half al in die weefsel van ons gehoor is.

9. Watter musiek inspireer julle? 
Bruce Springsteen, Talking Heads, The Strokes, Arcade Fire en Diplo



Die Heuwels Fantasties Aanlyn:
FACEBOOK - INSTAGRAM - TWITTER - WEBTUISTE

Volg #NasieInspirasie
Instagram: @iskra_music
Twitter: @iskra


#NasieInspirasie se hart klop vir sleepvoet-dromers en om mense te inspireer. 
Waardeer jou eie uniekheid, gebruik jou talente en natuurlike gawes.
“‘n Klein vonk kan ‘n groot woud laat brand.” 
#nasieinspirasie 


Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde