Slaan oor na hoofinhoud

Michael Lindt

#NasieInspirasie het vir sanger en liedjieskrywer, Michael Lindt, by die KKNK raakgeloop hierdie jaar. Hy het ons vertel van sy nuwe album, Nuwe Genade en ons het besluit om meer hieroor uit te vind. Michael het al vir verskeie kunstenaars liedjies geskryf o.a Kurt Darren, Nicholis Louw, Romanz en vele ander. Sy liedjie 'Is jy nie meer lief vir my', was vir weke bo-aan trefferlyste regoor die land.

1. Het jy nog altyd geweet jy wil in die musiekbedryf werkend wees? 
Ja, musiek was nog altyd vir my 'n passie. Soos die spreekwoord sê, 'Find the job you love and you'll never have to work again.'

2. Watter omgewings doen jy tans meeste van jou optredes? 

Wes Kaap en Gauteng

3. Jy het al saam baie musikante en verskillende mense gewerk. 
Hoe belangrik is dit, glo jy, vir mense om te besef hoe uniek elkeen is?
Dis belangrik om te besef dat jy uniek is, omdat daar defnitief iets is wat NET jy kan doen.


4. Vertel ons lesers asseblief meer van jou nuwe album wat binnekort vrygestel word? 
My nuwe album se naam is 'Nuwe Genade' en die liedjies wat ek geskryf het gaan maar oor die seisoene van die lewe. Somtyds koud, somtyds warm, maar Sy Genade is ALTYD nuut!

5. Wat die liedjieskryf aanbetref op hierdie album, wat het jou geinspireer?
Mense pleeg selfmoord omdat hulle aan die einde van hulleself gekom het, wat eintlik 'n goeie plek is om dan toe te laat dat HY jou lewe word.


6. Watter merk sou jy graag wou los op mense se harte? 

Daar is ALTYD hoop.

7. Wat sou jy vir ‘n sleepvoet-dromer sê wat moed en spoed verloor het? 

Moenie rondom jou kyk na ander se sukses en jou daaraan meet nie. Die media verf somtyds 'n ander prentjie as wat realiteit sê. Beoefen jou instrument, stem of wat ookal dit is wat jy kan doen, om die beste te word.

8. Watter 5 Suid-Afrikaanse musikante inspireer jou? 

Julius Magan, Retief Burger, Charne Hugo, Jan de Wet, Johan Voster

9. ‘n Quote of vers wat tans vir jou inspirerend is? 

Galasiers 6:9 'Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel.'






Michael Lindt Aanlyn:


Besprekings:
 Tel: 0844874388








Volg #NasieInspirasie
Instagram: @iskra_music
Twitter: @iskra


#NasieInspirasie se hart klop vir sleepvoet-dromers en om mense te inspireer. 
Waardeer jou eie uniekheid, gebruik jou talente en natuurlike gawes.
“‘n Klein vonk kan ‘n groot woud laat brand.” 
#nasieinspirasie 















Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde