Slaan oor na hoofinhoud

Lig-WeG - Lig in die Donker



#NasieInspirasie het bietjie by die PASSIEVOLLE Gert Smit, van die groep Lig-WeG, stilgestaan om meer uit te vind oor hulle daaglikse dryfveer en inspirasie.


1. Vertel ons asseblief meer van julself en hoe lank julle al aan die gang is?
LiG-WeG is nou al so drie jaar aan die gang en ons mik na een ding: om iets nuut in die Afrikaanse Gospel mark in te bring. Dis nie altyd so maklik nie, maar ons glo tog ons bereik mense.

2. Wie of wat inspireer julle?

Genade. Ek dink dit bly die grootste inspirasie. Veral as ek terugkyk na my eie verlede. Elke keer as ek hierdie getuienis oorvertel (van waar ek was) inspireer dit my om aan te hou doen wat ons doen.

3. Hoe hoop julle om ander te inspireer?
Ons stories, van die paaie wat ons moes loop, verslawings en stukkende verledes wat ons vanuit getuig. My eie verlede is nie ‘n mooi storie nie en ek hoop om dit kan te kan deel met ander met die doel om mense hoop te gee en dat hulle sal weet daar is ‘n uitweg en daar is verlossing.

4. Hoe sou julle, julle waaib beskryf aan iemand wat jul nog nooit gehoor of gesien het nie?

Ons het ‘n baie Kontemporêre/Rock aanslag. Die nuwe album is ‘n tipe Crossover album. Dis juis hier waar ons probeer het om die grense van Gospel musiek, veral in die Afrikaanse sektor, bietjie te druk. Ons doen die laaste ruk ook baie akoestiese optredes waar ons ‘n “Folk-ish” klank het en dit werk wonderlik, want dit skep ‘n baie intieme ervaring.





5. Wat sou julle vir 'n sleepvoet-dromer, naby aan opgee, wou sê?
Hou aan werk. Moenie opgee nie. Dis nie maklik nie, maar ons het ‘n lyn wat ons mekaar gereeld mee motiveer: “As dit maklik was, sou almal dit kon doen.”

6. Watter suid afrikaanse musiek/kunstenaars is vir julle 'n inspirasie?
Twee
Nagligte
Spoegwolf
Benjamin Gate
aKing

7. Watter duur les het julle al geleer in hierdie bedryf en hoe hoop julle om dit positief te benader?
Sjoe…dit klink dalk baie negatief, maar daar is nie baie ouens wie jy kan vertrou daarbuite nie. Ons het baie beloftes al gehoor, maar ons besef dat jy net vorentoe beweeg as jy hard werk, dis al.

8. Awesome "quote" wat tans iets vir julle beteken?
“Loop ini Lig” – dit hou ons nederig, hoopvol en dit bemoedig ons. Ek dink dit is net al wat ons onsself die heeltyd aan moet herhinner.







Volg #NasieInspirasie
Instagram: @iskra_music
Twitter: @iskra


#NasieInspirasie se hart klop vir sleepvoet-dromers en om mense te inspireer. 
Waardeer jou eie uniekheid, gebruik jou talente en natuurlike gawes.
“‘n Klein vonk kan ‘n groot woud laat brand.” 
#nasieinspirasie 




Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde