Slaan oor na hoofinhoud

Oasis Club vir Tuisskool Mammas


#NasieInspirasie het met Yolandi van Oasis Club gesels. Sy het Oasis begin as ondersteuning vir Mammas wat gekies het om hulle kroos tuis op te voed. Mammas wat meer betrokke wil wees by hulle kinders op die onderrigpad. Tuisonderrig kan miskien isolerend voorkom vir sommiges, maar nie as jy kies om hande te vat met ander en dit aan te durf met 'n Club soos Oasis as jou ondersteuning nie.

1.Wat is OASIS en hoe het dit begin?
Oasis is ‘n ondersteuningsklub vir mammas. Ons fokus op mammas wat aktief deel van hulle kinders se onderrig is. Hierdie pad is dikwels ‘n alleen pad en ons stap daardie pad saam met ‘n ma.

Op die oomblik het ons ‘n mamma-vriendelike speelgroepie en bied ons aanlyn ondersteuning asook werkswinkels. Die werkswinkels word deur ‘n verskeidenheid kenners aangebied, maar almal het een doel voor oë en dis om die ma te bemagtig.

Binnekort maak ons skoolgereedheidsklas oop wat fokus op Afrikaanse, Christelike onderrig met die klem op klein klassies. Baie ouers kan nie die tuisonderrig opsie kies nie, maar ‘n groot klas is ook nie geskik nie. Ons wil graag ‘n geskikte alternatief bied.

Oasis is ‘n plek waar elke mamma wat deel is van haar kind se lewe en onderrigpad welkom is, ongeag die onderrig-opsie wat die gesin kies.

Oasis het as ‘n klein vuurtjie in my hart begin. ‘n Hart wat brand vir my eie kinders. Ek het besef dat die mamma dikwels in die skool-opset onwelkom voel. Die skool verwag dat die ouer die kind in hulle bekwame hande moet los. Dis nie ‘n model waarmee ek myself kan vereenselwig nie. Daar is niemand wat die belange van my unieke kinders so op die hart dra soos ek nie. Dit is iets wat vir elke mamma waar is.


2.Watter leerprogram sou julle sê is die beste?
Enige leerprogram wat die ma voel in haar huis inpas en wat sy saam met haar kinders aanpak. Die ma se ingesteldheid maak die verskil. Die ma is die gom wat die huis aanmekaar hou. Elke kind het unieke behoeftes en daarom is een program nie ‘n pasmaat vir elke huis nie.

Indien jou kind na ‘n skool gaan is dit belangrik om die skool met insig en oordeel te oorweeg. Veral die program wat gevolg word. Ons werkswinkels is juis gefokus daarop om ouers te help om sulke belangrike besluite te kan neem. Die spreekwoord sê nie verniet dat alles wat blink is nie goud nie. Dit is waar in onderrig ook. Die blink geboue en groot woorde en latynse slagspreuke is nie ‘n waarborg vir goeie onderrig nie.


3.Hoe belangrik is speel in kinders se ontwikkeling?
Ek dink nie speel is enigsins belangrik nie. Ek dink speel is die belangrikste!!! Ons kinders leer deur speel. Jy ontneem jou kind ontsaglik baie groei as jy speel beperk. Kinders is van nature leergierig en kreatief - moenie dit met te veel struktuur belemmer nie.

Sodra ons as volwassenes te veel begin inmeng met spel dan verdwyn die kreatiewe en vrydenkende spel wat so belangrik is. In ons eie huis weet ek dat verveling die heel beste medisyne is om die speelproses aan die gang te kry.


4.Hoe sou julle graag ouers wou inspireer?

Wow, dis ‘n moeilike vraag. Oor die algemeen inspireer mammas my eerder! Elke ma is so besonders en uniek met soveel potensiaal. Dis so hartseer dat ons samelewing nie meer die moeder ag as die versorger en die voorlooper van haar kinders nie. (Ek fokus baie op die mamma aangesien dit die plek is waar my eie passie lê. Pappas is natuurlik deel van hierdie vergelyking, maar Oasis is ‘n plek waar ons mammas ondersteun.) Ek sal graag elke mamma se hand wil vat sodat sy haar eiewaarde weer kan ontdek. My droom is om die mamma so te bemagtig dat sy met gesag kan praat oor alles wat haar kind se ontwikkeling en onderrig raak.
Die Bybel besing op verskeie plekke die lof van die vrou en die moeder, dis tyd dat ons weer herinner word dat ‘n mamma en ‘n vrou ‘n belangrike plek beklee en dat sy nie met haar man hoef te kompeteer om die plek vol te staan nie.


5.Watter positiewe groei het julle CLUB al getoon, wat ontwikkeling aanbetref, in die tyd van julle bestaan?
Ek het al gesien en beleef hoe ‘n mamma plat op die vloer met haar 3 kinders sit en al 3 op hulle eie vlak help met die werk wat gedoen moet word. Ons het ons mammas so bemagtig dat hulle reeds hulle eie kinders kan assesseer en dat woorde soos sensoriese integrasie, perseptuele vermoëns en fyn motoriese ontwikkeling nou vir hulle algemene terme is wat hulle nie net kan gebruik nie, maar ook kan toepas en aanleer tuis.
Ek het al menigte mamma se trane afgedroog wat uit frustrasie of pyn gebôre is omdat sy voel sy is nie goed genoeg nie. Ek het ook al meer preke afgesteek oor die waarde van ‘n moeder as wat ek kan tel. In OASIS kan ek sien hoe ons mammas begin blom, hoe hulle self hulle passie ontdek, hoe hulle begin besef hulle bring iets besonders na die tafel en hoe hulle kinders die vrugte daarvan pluk.
‘n Mamma wat vol selfvertroue in eie reg is en ‘n mens is wat ‘n vol lewe lei is die perfekte voorbeeld vir haar meisiekind (om daarna te streef) en vir haar seunskind (om ‘n vrou te leer respekteer).
Ons het begin onder ‘n boom op ‘n plot en vandag het ons ‘n lieflike perseel beskikbaar by ‘n wonderlike gemeente naby ons. Ons getalle het gegroei vanaf 3 mammas na 25 mammas (wat ons speelgroepie bywoon) en meer as 600 mammas landswyd wat ons nuusbriewe ontvang en saam ons groei.


6.Hoe kan ouers betrokke raak by julle?
Ons het 'n speelgroepie op Dinsdae en Vrydae by Valley Methodist Church in die Moot (Pretoria). Mamma woon saam by. Ons leer op ‘n fieterjasie-lose manier, ons speel heerlik saam en gaan elke keer doodmoeg huis toe. Volg hierdie Facebook skakel vir meer: https://www.facebook.com/wakkerakkers/

Werkswinkels. Ons het een Saterdag per maand ‘n werkswinkel wat deur een van ons paneel kenners aangebied word. Ons fokus is altyd op praktiese raad en leiding wat die mamma tuis kan toepas. Volg hierdie Facebook skakel vir meer: https://www.facebook.com/pg/oasisclub.co.za/events/

Aanlyn. Teken in om ons nuusbriewe en lesplan idees te kry. Volg hierdie skakel vir meer: https://www.oasisclub.co.za/

7. 'n Goeie aanhaling wat vir julle impak het?

"The hand that rocks the cradle rules the world" – William Ross Wallace. 

Volgens Wikipedia is die verduideliking van die aanhaling as volg : “The person who raises a child determines the character of that child and so influences the type of society that the next generation will create.”
Dit vat alles so mooi saam.

OASIS Aanlyn:



Volg #NasieInspirasie
Instagram: @iskra_music
Twitter: @iskra


#NasieInspirasie se hart klop vir sleepvoet-dromers en om mense te inspireer. 
Waardeer jou eie uniekheid, gebruik jou talente en natuurlike gawes.
“‘n Klein vonk kan ‘n groot woud laat brand.” 
#nasieinspirasie 


Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde