Slaan oor na hoofinhoud

Nicolette Geldenhuys Art

#NasieInspirasie het Nicolette se kunswerke raakgeloop by die #KKNK2017. Hierdie is ook die kunswerk wat ons vir ons voorblad gebruik het, veral omdat ons tema vir die maand die krag van "gedagtes" is. Haar treffende kunswerke is maar net 'n skrefie na haar binne-wêreld. Die vlamvattende storie wat haar lewe en hart ons vertel is die een wat die diepste raak.

1.Vertel ons lesers asseblief meer van jouself?
Ek is ‘n Ma van twee dogters, Cara en Mila. Een swot op Stellenbosch en die ander een is in Graad 11. Ek en my gesin, my man Albè, en ons dogters woon in Pretoria (alhoewel Cara nou in Stellies is en sê sy kom nooit terug Pretoria toe nie J) My seuntjie Benjamin is 8 jaar gelede skielik oorlede, op Oukersaand, aan ‘n onbekende virus. Hierdie tragedie het ons as gesin nader aan mekaar gebring en in baie opsigte, my kuns en wie ek vandag is, gevorm. Ek het in 1998 gematrikuleer aan Menlopark Hoërskool en daarna gaan kuns swot op Tuks. Ek het nie my studies voltooi nie en na 2 jaar opgeskop – life happened! Ek is getroud met Albè toe ek 24 was en op die ouderdom van 26 het ons vir Cara gehad. Eers na Mila 2 ½ jaar later gebôre is en ek ‘n ontmoeting met die Here gehad het, het Hy my lewe kom omdraai en het ek regtig terug begin keer na my kuns en waarvoor ek geroep is.



2. Is Kuns as beroep iets wat jy nog altyd wou doen?
Ek het altyd soos ‘n kunstenaar gevoel, hoe vreemd dit ookal mag klink, maar ek het nooit gedink ek is goed genoeg om dit as ‘n beroep te beoefen nie. Dit is eers nadat ek ‘n profetiese woord van iemand ontvang het dat die Here stadig met my begin werk het en ek gevoel het, hierdie kuns-ding is iets wat ek wil "pursue". Dit vat nie weg van die feit dat ek steeds verbaas is as mense "actually" my werk wil bekom nie. Dis ‘n "humbling" en 'n konstante oorweldigende ervaring vir my!

3. Watter een van jou kunswerke lê jou baie na aan die hart, dalk meer as ander, en hoekom?


Ek dink Breath Transformation is een van my gunstelinge.
Dit praat maar oor die konstante “transforming of our thoughts”, die transformasie wat konstant met die hulp van die Heilige Gees gebeur, soms makliker en soms regtig moeilik.

‘n Beeld waarmee ek myself identifiseer en wat kort, kort in my kuns opduik, is die van die “hert” of bok. Een van my gunsteling skrifte is Habakkuk 3:19 In die Amplified Bybel: “The Lord God is my Strength, my personal bravery, and my invincible army; He makes my feet like hinds’ feet and will make me to walk [not to stand still in terror, but to walk) and make [spiritual] progress upon my high places [of trouble, suffering, or responsibility]!” 


Dan laastens moet ek “Swaeltjies vergeet immers nooit waar Somer is” ook noem. Die kunswerk het baie mense diep geraak as gevolg van die stuk wat ek daarby geskryf het en ek was nogals onkant gevang daardeur. Ek het net besef, mense identifiseer veel eerder met waarheid. Soos ek dit noem “die journey” met al sy oppe en affe. Mense identifiseer met eerlikheid meer as wat hulle met perfektheid identifiseer. Hier is die kunswerk en gedig wat ek geskryf het:



“Swaeltjies vergeet immers nooit waar Somer is”

Gedagtes tol en rol en maak my moeg 
Emosies op en af, veg vir staanplek in my gemoed

Dwing my oë en lyf en hart,
na daardie donker plek…
Smart

En as die nag ruk pluk, vat-vat, 
hoor ek Sy sagte stem, ‘n mishoring in die swart.

“Dogter van die wind, My kind…” 
en duifoë vind, nou en versteek, 
‘n oerou antieke pad na daardie tuin 
in die middel van my hart.

Telgelyk donderende vrede 
en stille gejuig in goue glorie…
Rus,

Daar onthou ek wie S’n ek is. 
Soos ‘n swaeltjie branderplank ek op die wind, 
en vind my pad terug na die lig.
Swaeltjies vergeet immers nooit waar Somer is.



4. Wat sal jy graag vir mense wil oordra deur jou werk?
Ek hoop dat Hy wat in my is oorgedra word in my werk en dat mense ‘n ontmoeting met Hom sal hê - of hulle nou in Hom glo of nie. Ek probeer, deur baie eenvoudige beelde, soms ‘n emosie nalaat wat ek hoop mense laat dink en bo alles hoop gee. Ek hoop ook om “beauty” na te laat…om mense iets te laat voel al is dit net plesier om na ‘n klein etsie van ‘n “Holderstebolder” hasie te kyk wat jou laat besef jy hol ook soms so verskriklik rond, en dis eintlik bietjie snaaks.
5. Wat of Wie inspireer jou?
Ek word deur baie dinge en mense geinspireer maar ek moet sê, my interne wêreld, die geestelike en bonatuurlike wêreld wat ek nie altyd met my oë kan sien of dalk presies in woorde kan omskep nie, inspireer baie van my kunswerke. Ek soek amper beelde om die storie in my kop op ‘n baie eenvoudige manier weer te gee. Ek is ook verskriklik lief vir woorde. ‘n Gedig, skrif of lied is baie keer die inspirasie vir ‘n werk en verskyn dan sommer baie keer ook op die werk. Woorde is vir my net soveel “kuns” as wat beelde is.

6. Watter suid afrikaanse kunstenaars waardeer jy?
Anna-Carien Goossen, ‘n vriendin en uitstekende “juffrou” by wie ek al ontsettend baie geleer het. Haar werk vat soms my asem letterlik weg. Ek hou van die eerlikheid en waarheid in Anna-Carien se werk, baie soos sy, op die man af en reguit, maar tog met ‘n diep deernis en “vulnerability” wat jy moet soek en verstaan. Adele Potgieter se stillewes doen presies wat sy graag wil oordra, dit laat jou vir ‘n oomblik diep asemhaal en stil word. Ek is ook absoluut mal oor William Kentridge en as ek ‘n paar goue Krugerrande gehad het, het ek vir my ‘n Kentridge bekom.



7.Wat sou jy vir ‘n sleepvoet-dromer sê wat moed en spoed verloor het?
Ek ken die moed en spoed verloor pad baie goed. Ek het gevind dat om stil te word op jou eie en te “journal” baie keer daardie vlammetjie weer laat brand. Dis goed om neer te skryf hoe jy voel. Ek “bid” so, op papier, en so kry ek ook baie van my antwoorde en nuwe inspirasie. Ek vind ook dat om na ander kunstenaars se werke te kyk, oor hulle prosesse te lees, te sien wat hulle laat tick, soms ook jou eie persoonlike maniere van doen en dink kan laat vlamvat, maar onthou, wees altyd ‘n original!!

8. Watter ander dinge is jy oor passievol?
Ek is passievol oor my gesin! Ek love my dogters en wie hulle word. Hulle maak my soms baie vies maar inspireer my op soveel ander areas. My man sal hom doodlag as hy hierdie lees, maar ek bewonder hom veral vir die feit dat hy almal altyd presies dieselfde behandel. Ek is dankbaar dat hy en ek deur ons grootste tragedie met ons seun se dood, steeds saam die paadjie stap. My God is vir my baie belangrik! Ek sê altyd, Sy gentle manier met hierdie stout kind van Hom hou my in konstante “awe”. Dan is ek amper bang om te sê, maar ek wil so graag skryf! Ek love die geskrewe woord en voel al baie lank ‘n “pull” om te skryf…o en tattoos…ek het nie meer plek nie!!!


9. ‘n Quote of vers wat tans vir jou inspirerend is?
Ek het hierdie uittreksel uit ‘n liedjie van Hillsong op my binne-arm laat tatoeëer. “Spirit lead me where my trust is without borders”…








Nicolette Geldenhuys Art Aanlyn:


Volg #NasieInspirasie
Instagram: @iskra_music
Twitter: @iskra


#NasieInspirasie se hart klop vir sleepvoet-dromers en om mense te inspireer. 
Waardeer jou eie uniekheid, gebruik jou talente en natuurlike gawes.
“‘n Klein vonk kan ‘n groot woud laat brand.” 
#nasieinspirasie 



Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde