Slaan oor na hoofinhoud

Len Muller - Oog van die Storm





NasieInspirasie het Len Muller se nuwe album bekendstelling, Oog van die Storm, onlangs in Centurion bygewoon.
Meer oor sy vlamvattende inspirasie en wat hom aan die brand hou...

’n Deeglike sin vir humor. Dit is die eerste ding wat mens van Len Muller optel, en dit het hom ongetwyfeld goed gedien in die oploop voor sy sukses. Hierdie selfde jong man was eens op ’n tyd die outjie wat by die plaatemaatskappye koffie aangedra en CD's reggepak het, nie die een wat in die ateljee opgeneem word nie. Tydens die bekendstelling van sy nuwe CD vertel hy ’n paar oulike staaltjies en het 'n gemaklike interaksie met sy media-gehoor tussen liedjies. Hy noem vir Laurika Rauch “Tannie”, en sy verwerking van haar “Gange” laat my van voor af verlang na kinderdae op die plaas. 

Tydens ons onderhoud op Industrial Coffee Works se lang, hout tafels lag hy maklik en gereeld. 

1. Hoe verskil die persoon wie jy vandag is met die jong man wat destyds van Richardsbaai af hier aangekom het en begin het deur die vloere te vee en kaste reg te pak om net ’n voet in die deur te kry...? 
Ek was ’n persoon wat baie honger was om te leer. Kyk, as jy grootword sonder ’n mentor, sonder ’n pa, is dit moeilik om jou passies te ontdek. Iets wat ek intussen geleer het is dat dit belangrik is om jouself met mense te omring na wie jy kan opkyk, mense wat dit doen wat jy graag wil doen en by hulle te leer. Toe ek net hier aangekom het, het ek vir ‘n jaar lank net CD's gepak by ’n plaatemaatskappy. Ek het ’n paar maande verniet gewerk vir een van die grootste musiekbestuurders in ons land sodat ek kan leer hoe die besigheid werk. Toe het ek verniet opgetree as voorskou vir ouens soos Jak de Priester, Chris Chameleon, mense na wie ek so opkyk. Ek het op ’n stadium uit die bloute vir Stef Bos ge-epos, ek het so baie respek vir sy musiek. Nou werk ek saam party van hulle. Niks gebeur as jy nie uitgaan en dit gaan soek nie. 

2. Waarvoor is “Len” kort? 
Lenderd. Dis ou Duits. Ek gaan nie al my name vir jou sê nie (lag) maar mense noem my ook Lennie. 

3. Hoe sal jy jou musiek beskryf? 
Ek weet nie of dit ’n Anglisisme is nie, maar ek hou van die woord “substansie”. As ek ’n liedjie luister en dit ontlok emosie in my hart en ek kan myself daarmee vereenselwig, selfs as dit nie op die noot is nie, dít is vir my die mooiste musiek. As ek dit kan regkry, is ek baie dankbaar. 

4. Waarvoor wil jy bekend wees? Die een ding waarmee mense jou moet assosieer? 
Ek sal wil bekend staan vir iemand wat opreg is. Iemand wat nie voorgee om iets te wees wat hy nie is nie. Dis vandag so skaars, veral in die Afrikaanse musiekbedryf. Die mens wie ek agter die skerms is, moet dieselfde mens wees wie ek op die verhoog is.

5. Jy en jou vrou het saam Sterrewals geskryf. Hoe sou jy daardie ervaring beskryf? 
Wel, sy is fantasties, sy kan enigiets doen en is baie beter as ek met spelling! (lag). Ons het ontmoet by een van my shows en sy het geresonate met een van my liedjies, so ek weet sy kop dit wat ek skryf. My vrou verstaan my hart so mooi en sy is self ’n skrywer, so dit kon nie beter wees om saam met haar te skryf nie. 

5. Persoonlike vraag: Kleur jy jou hare? 
Ja, definitief (lag). Kyk, ek het nog nie grys hare nie, maar ek het bekend geraak met die blonde hare en vandat ek van die see af weggetrek het, lyk dit nie meer natuurlik so nie. Toe bied ’n vriend aan om my stylist te wees en eendag sê hy vir my hy gaan dit nou kleur. So dis die storie. 

6. Vir watter nasionale rugbyspan skree jy?
 Natal Sharks. Ek is ’n volbloed Nataller. 

7. Watter advies het jy vir aspirant-musikante? 
Stap 1: vind uit of dit regtig jou roeping is. Daar is baie mense wat kan sing, maar jy moet genuine weet dat dit is wat jy moet doen. As dit regtig in jou hart klop, as jy nie kan wegkom daarvan nie, go for it. 

Stap 2: harde werk en opofferings (lag). 

8. Wat steek jou hart aan die brand? 
Liefde. Dis iets wat in my brand, wat my aan die gang hou, en as mense liefde vir mekaar begin kry, oor kulture, oor grense, kan dit regtig ’n ander plek wees. Dis waaroor dit vir my gaan.

deur Johané van den Berg



Volg #NasieInspirasie
Instagram: @iskra_music
Twitter: @iskra

#NasieInspirasie se hart klop om sleepvoet-dromers te inspireer. 
Waardeer jou eie uniekheid, gebruik jou talente en natuurlike gawes.
“‘n Klein vonk kan ‘n groot woud laat brand.” 
#nasieinspirasie 







Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde