Slaan oor na hoofinhoud

Mond Vol Wond



Jare terug het ek 'n groot liefde ontwikkel vir Spaans.
Ek het myself hierdie spreekwoord geleer wat ek raakgelees het in 'n boek destyds, 

"La lengua no tiene dientes y más que ellos muerde" - The tongue has no teeth, but a deeper bite."

Dis baie makliker om 'n spreekwoord te leer as om dit te leef.
So...wat sê ek?
Watse WOORDE kom uit my mond?
Dis iets wat ek deesdae baie oor nadink...
Bou ek of breek ek?

Ons word soms so vêr gerek en gestrek deur die lewe dat dit voel of iets gebreek het daarbinne wat 'n goeie mechanic nie kan fix nie, maar die karretjie moet aanhou loop, ongeag, met of sonder. 

Breek reflekteer deur ons monde. Soos 'n puisie op jou vel as jy nie genoeg water drink nie. Of 'n ongeduldigheid wat sy ritme aanhou verstrooi van generasie tot generasie. Woorde is vrugte of gevolge van breekpunte wat bereik word. Vloekwoorde. Mens voel mens samel dalk krag in of het meer beheer met die kragwoord se uiter, maar op die ou einde skyn daardie liggie maar flater-flou (die krag het getrip). Bou daardie woorde onsself en die mense om ons of breek dit ons almal af?

Dis maklik om 'n gebreekte hart te hoor. Wanneer jy na iemand se storie luister. Oor die radio. Op televisie. Deur liedjies se lirieke, soms klink dit of dit gesond kan wees. Daar's 'n diep wond daaragter. Dit maak ook soms die beste liedjies, nr 1 op iTunes, want dis so 'heartfelt'...'real'....ons ander stukkendes eet dit op en smeer dit soos balsem oor ons harte. So vereenselwig ons met mekaar. Stukkend op stukkend. Hand aan hart...deur die lewe se geraas. 
Niemand kan seer vryspring nie, maar dit gaan meer oor hoe ons dit verwerk.



Romans 4:17 "... the one who gives life 
to the dead and calls nonexistent 
things into existence."
(Kunswerk deur Stefan Kunz)


Ek hou nie daarvan om dinge te sê wat ek nie 'voel' nie, maar dan kan mens ook weer seer veroorsaak deur gevoelens te veel en te vinnig te wil sê. Dis 'n kuns. Die kere wat ek dit wel gedoen het, was nie baie mooi nie. Mens voel simpel en kom oordoenig oor. Me and my big mouth. Dis soos om die Sistene Chapel te probeer verf met 'n tandeborsel. Dit werk nie. Buitendien is die Sistene Chapel reeds geverf. Te veel woorde en werk is nie nodig nie.

Dankie, gaan maar huistoe en leef eerder net die admirasie daarvoor uit of soos HemelBesem dit sê, "Praat minder en leef harder."

Hoe leer ons, ons monde om lewe te praat tussen die gebreekte en die seer? Hoe leer ons om gesond te praat, waar siek, verlam en gebreek heersend voorkom? Hoe leer ons, ons harte om lewe te glo en te praat terwyl ons in die middel van dood staan? Hoe leer ons, ons tonge om die volheid van die lewe in restorasie te verf (praat) oor onsself, mense en situasies waarin ons beweeg? Waar begin alle lewe en waar eindig dit? As ons lewe wil verstaan, inasem en onsself en ander daarmee bou deur ons monde 
gaan ons harte genesing op die regte plek moet kry...
Diep in die HART, in die MOND en in die bouende WOORDE van 
die lewende God. Sy beste is tog Sy hartklop vir ons...
Mag Sy gesonde Hart, Gedagtes en Woorde ons s'n word.


Death and Life are in the power of the tongue, And those who love it will eat its fruit. - Proverbs 18:21


Volg #NasieInspirasie
Instagram: @iskra_music
Twitter: @iskra

#NasieInspirasie se hart klop om sleepvoet-dromers te inspireer. 
Waardeer jou eie uniekheid, gebruik jou talente en natuurlike gawes.
“‘n Klein vonk kan ‘n groot woud laat brand.” 
#nasieinspirasie 










Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde