Slaan oor na hoofinhoud

'n Nuwe Leon Schuster film


#frankandfearless2018

As Mamma van vier, sonder 'n "nanny", vat dit baie beplanning om enige iets by te woon. Julle dink seker dis vreemd dat ek elke keer noem ek is Mamma van vier, maar dis hoe ek myself altyd voorstel....sodat mense kan gaan 'oooh ok, nou verstaan ek hoekom jy so moeg, vuil, kwaai lyk...' hehe...
Die keer het ekstra beplanning gevat, want ek moes weg wees vir 12 ure. 'n Verlengde "vakansie" vir enige iemand met klomp klein kindertjies by die huis.
Enige iemand wat in die laat 70's / vroeë 80's gebôre is in Suid Afrika is automaties 'n Leon Schuster fan, in my opinie. Leon Schuster is 'n legend. Sy flieks stel nooit teleur, om die klimaat van die land perfek uit te beeld, sodat almal met 'n lag EN 'n diep gedagte uitstap. Dis 'n gawe!

Hierdie keer was ons, ek en Hubri, uitgenooi na die stel van die fliek "Frank and Fearless", vir 'n agter die stel kykie. Gewoonlik is dit sover as wat die voorregte van die pers/media strek, besoek die stel en ontmoet die akteurs. Die keer was bietjie anders. Ons het die geleentheid gekry om deel te wees van die fliek! 



Daar is 'n gedeelte in die  fliek waar die media ook hulle rol speel. 
Dis al wat ons geweet het... en 'n kort beskrywing van die film.
Omdat ek 'n groot aanhanger van Leon is, was ek baie goed bekend met sy films en veral sy stoute maniertjies om mense 'n poets te bak. So, ek was so bietjie benoud maar opgewonde dat hy ons dalk gaan vang!

Ons het daar aangekom en vir André ontmoet wat ons gerus probeer stel het met: "Hope you still love us after today" en "Hope you are still smiling at the end of the day". 
Dit het my glad nie gerus gestel nie...

Ons ontmoet ook vir Jonathan wat homself as die 'First Lady' voorstel. Hy laat als gebeur wat die Regisseur aankondig. Hy kry almal in plek. Die Regisseur, Gray Hofmeyr, daag op met sy kenmerkende hoed en dis so lekker om deur die dag dop te hou hoe hy elke oomblik van sy werk geniet! Ek dink ek sal ook sy werk geniet! Om die prentjies wat hy in gedagte het te laat realiseer in die karakters se spel...


Ons word by tafels geplaas soos vir 'n dinee en dan is dit "hurry up and wait". hehe.....en daarna breek ons vir middagete. 






Na middagete begin ons met die opnames. Daar is indrukwekkende kameras, wat drie mense vat om te skuif, wat elke gesigsuitdrukking uit 3 hoeke afneem. Ons doen een karakter se stukkie uit alle moontlike hoeke, dit wil sê, die karakter herhaal sy stuk omtrent 5 keer. Later ken ons ook die dialoog uit ons koppe en weet mooi waar om hoe om te reageer.

So maak ons vir elke stukkie dialoog. Ek praat na die tyd met 
André wat my vertel dat hulle op 'n dag, gemiddeld, 2 minute van die film skiet. Dis vir die eenvoudige dialoog dele. Die aksie dele vat seker nog meer inspanning en baie oor en oor probeer om dit net reg te kry en alles vas te vang op kamera. Mens besef dit nie aldag as jy na 'n fliek kyk nie. Al die ure wat ingesit word om seker te maak dat daar nie 'n "dooie" oomblik in die fliek se 90 minute is nie. Hy vertel my ook hoe die "location" van hierdie film destyds spesiaal gebou was vir die verfilming van Wild at Heart. Breë gange en groot kamers, spesiale spasie vir die kameras. 




Terwyl hulle die logge kameras rondskuif kan ek gesels met Jana Pretorius van Rhinopridefoundation.org, een van die borge van die film. Sy het gehelp reël vir die scans van renosters, besoek aan anti-poaching unit, gebruik van 'n helikopter. Dit belowe om 'n Aksiebelaaide film te wees. Jana vertel, kinderlik opgewonde, van hulle nuutste babatjie wat hulle oppas en met n bottel voer.



Een van die hoofkarakters is Themba. Hy speel die seuntjie, Fearless. Hy lyk of hy 10 is maar eintlik is hy 28 as gevolg van 'n  sindroom wat sy groei belemmer. Hy laat ons met trane met sy roerende spel in een van die tonele en ek kan nie wag om die ander 88 minute se legkaart-stukkies te sien wanneer die film uitkom nie!  Ons het daai dag net die voorreg gehad om omtrent 2 minute van die film se maak te deel. 









Ons kry nog 'n voorreg om vinnig 'n foto saam Leon te neem na 'n lang dag van harde werk en dan skuur ons skouers, eet en gesels met nog mense van die media soos Heather Hook, Nadia Romanos van 5fm, Ruben van Grootfm en Quintin van Ifm radio.









'n Heerlike ervaring danksy Starburst Promotions. Die res van die film word geskiet en ge-edit en teen November behoort julle vir my (ag ek bedoel Leon) te kan sien op die groot skerm :)


Hier volg nog fotos van ons ervaring op "Frank & Fearless"...











































geskryf deur Melissa Viljoen
Fotos deur Melissa Viljoen en Hubri Bruyn
#nasieinspirasie





Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde