Slaan oor na hoofinhoud

Diep Spore Trap


Die lewe kyk soms afdraend op 'n mens en die pad vorentoe kan 'n opdraende stryd wees vol kronkels.
Wanneer dinge moeilik raak wonder 'n mens soms: 


"Waa-a-antoe is ek oppad?"

en per gewoonte verg besinning op 'n kruisweg, denke van 'n strategiese soort. Bepeinsing se konsensus hang in die weegskaal terwyl diplomasie 'n balans probeer handhaaf. 

Wat is die verskil tussen my doel en my doelwitte? 

As ek net die verskil in massa kon bereken kan ek mos bepaal wat dra meer gewig, want ek is oortuig die swaarste een gaan die diepste indruk los. 

Wat is die gemiddelde kilogram per kilometer? Angs loop, sit en naels kou: "Tiep nou na 'n kant toe asseblief" en die vervolgings waansin het my beet:
'Gaan jy spoorloos verdwyn of gaan jy darem 'n spoor los jou moegoe?'

'Gaan die spoor gevolg word of gaan die spoor soos kaf voor die wind verstrooi word?'

Aai!...ma wag gou 'n oomblikkie. Hakkies, jy ken mos jouself, of hoe, die eerste reël van Hip-Hop is dan "Knowledge of Self"....en doelbewus se beseffentjies se slotsom lees as volg:

Ek is gebô
re in Oktober en ek is 'n Weegskaal. Ek hou van opwegings maak en ek kan net funksioneer as ek gewig dra, sodoende evalueer ek die verskil in balans tussen massas, soos bepaal word deur swaartekrag. 
EN dus, gewoonlik die naaste aan die aarde wat lig in die broek hoog hou...

"so the low down is, I like to weigh up my options"....so die lank en kort van die saak is...

"what's left is to write the wrong...which means I should use my evil genius for the greater good...so where did the trouble start? where did the wobbling begin? ...

Al die stemme in my kop het gelyk gepraat toe moes ek vir hulle sê...don't speak so twice together, speak once upon a time...and then I heard the bushman shaman Khomatsu Xau say, When you see the light in a dance, you are in a spirit world - you can see sickness and travel anywhere. Your body will allow you to do many things...."


...en ek slaan toe die Bybel oop: 
"Ek is tot alles in staat deur HOM wat my krag gee." ...en Hakkies as jy wil diep spore trap, vra jouself net af:"What would Jesus...?" as jy verstaan wat ek bedoel...

Hakkiesdraad Hartman

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde