Slaan oor na hoofinhoud

Bakgat se Top Tips en Truuks


Ek het dit goed gedink om hierdie keer so paar idees met julle te deel om net die bakproses bietjie makliker te maak vir julle.

# Tip 1
Dit gebeur soms met my dat ek op die nippertjie ‘n koek of cupcakes moet bak vir ‘n bestelling, of ek wil sommer net vinnig ‘n vriendin bederf wat oorkom vir koffie. Ek besef ek het geen eiers nie!!! Gaan ek nou eers alles los en winkel toe ry en dan laat wees vir die afspraak of miskien is ek net nie lus om gou eiers te gaan koop nie? (Julle moet weet somtyds is ek wit van die meel terwyl ek in my kombuis woeker). So, al wat jy doen is om vir elke eier in jou resep net ‘n groot opgehoopte eetlepel mayonaise in te sit. Mayo is basies mos maar net melk, eiers en asyn. Alles wat jou resep net sagter en meer donsig kan maak. Wanneer jy sjokolade koek bak en jy weet die resep is bietjie droog, gooi sommer ‘n eetlepel of twee mayonaise by om die koek daardie smulsagte tekstuur te gee.


# Tip 2


Het jy nie ‘n eier skeier nie en sukkel jy om die wit van die geel te skei tussen die twee doppe (wat heeltemal skeef gebreek het ook nog) te giet? Breek die eier in jou hand. Die geel sal nie breek nie, want jou hand is lekker sag en jy kan rustig die wit laat deurglip. Dit klink grillerig, maar as jy soos ek soms 9 eiers moet breek vir ‘n koek, gaan dit sommer lekker vinnig. 



# Tip 3

Nogsteeds by die eiers... Breek gerus die eiers een vir een eers in ‘n afsonderlike bakkie, ondersoek dit vir varsheid en wegkruip doppe en gooi dit dan by die beslag. Dit gaan jou baie trane spaar as die 9de eier dalk vrot is en jou hele resep opmors.




# Tip 4

Indien jy koek wil bak en jou spray & cook is klaar, en jy geen waspapier het nie, kan jy ‘n dun lagie margarien of botter in die pan smeer en dan ligtelik koekmeel oor strooi. Die verskil is net in hoe skoon die pan gaan wees na die 
tyd.

 
Die boonste pan was spray & Cook en onderste pan margarien en meel.
So lyk koeke se onderkant na dit gebak is met Spray & Cook (boonste koek) en margarien en meel (onderste koek).


Silikon panne verkies geen smeermiddels nie. Dit bak perfek net so.


# Tip 5

Iets wat ek eers hierdie Kersfees geleer het (glo my, ek het nog baie om te leer, en deel graag soos ek leer) Daardie dun lagie jellie wat vorm onder in die bak waneer die jellie klaar gestol is, voorkom dit deur eers die bak nat te maak met koue water voor jy jellie poeier ingooi om op te los. I never knew.

# Tip 6

Indien jy nie ‘n sif besit om die droë bestandele van ‘n koek of cupcakes mee te sif nie, gooi alles in ‘n groot bak en klits dit vir paar minute met ‘n ballon klitser. Dit sit die lug in jou bestandele sonder ‘n sif en maak steeds jou koeke veerlig.



Die punt van my artikel is seker net om julle te inspireer om geen verskonings te maak as dit by bak kom nie. Dit is pret, ontspannend en kan mense wat die passie deel, nader bring aan mekaar. Wanneer ek en my ma of vriendinne saam bak, is ons sommer in ‘n lawwe bui en geniet elke oomblik saam.

Indien julle enige handige tips het, comment asseblief. Ek geniet dit om te leer. 


Soet groete,
Charmaine Hurter
Bakgat




Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde