Slaan oor na hoofinhoud

Cheswyn Ruiters


Cheswyn Ruiters is aan sommige bekend vir sy deelname aan SA's Got Talent 2017. Hy woeker steeds met wat hy het en hou binnekort 'n Gospel konsert om fondse in te samel vir sy studies in sy finale jaar by die Universiteit van die Wes Kaap. Nuwe lid en skrywer van die Nasie-span, Allen Melite,  het 'n onderhoud met hom gevoer vir 'n bietjie inspirasie! Alle Groot Dromers het klein begin en 'n klein vonk kan 'n groot woud laat brand! #nasieinspirasie

1. Hoe voel dit om ‘n finale jaar student te wees?
Dit is definitief baie werk, baie laat nagte wat ek moes wakker sit sover, maar ek maak gebruik van elke geleentheid en geniet ook my studentelewe en werk hard.

2. Wat maak UWK so gewild?
Die verskeidenheid van kulture wat daar is. Vir my wat van 'n klein dorpie af kom was dit groot om al die mense te sien op kampus en hoe groot die kampus self is. Wat maak UWK so gewild?...sonder twyfel die “Gatsbys!”.

3. Wie is die persoon met wie jy sou saam wil sing?
Internasionaal is dit John Legend, oor ek versot is op sy musiek! Sy musiek vertel altyd ‘n storie. Plaaslik, die gospel sanger, Neville D.

4.Wat is die sleutel tot ‘n goeie sanger?
Ek dink om gereeld te oefen, stembande op te warm en gesond te lewe.  Gesonde kosse te eet, oefeninge te doen...ek probeer om soveel as wat ek kan in ‘n week, te gaan draf. En dan, bly nederig en wees vriendelik, want jou persoonlikheid speel ook ‘n groot rol.

5.Watter raad sal jy vir tieners gee?
Om te werk vir wat hulle wil hê, leer hard en maak die beste van die geleenthede wat jy kry, glo in jouself want as jy nie in jouself glo nie, wie gaan? Dan, die finale een is, moet nooit toelaat dat waarvandaan jy kom bepaal waantoe jy opad is nie, jy is beter as jou omstandighede.

6. Enige oomblikke wat vir jou sover uitgestaan het?

Dit sal definitief wees om deel van SA's Got talent te kon wees in 2017. Al het ek dit nie gemaak na die semi-finale toe nie, was die platvorm vir my meer as genoeg. Om voor die beoordelaars, Shadow, Jamie en DJ Fresh asook die hele Suid Afrika te sing, was vir my groot en dan om nog twee JA antwoorde te kon kry...‘n Hoogtepunt vir my was om my eerste cover music video vry te kon stel. 
Vir my is dit nie belangrik wat ek sover gedoen het nie, maar wat belangrik is, is wat ek nog beplan vir die toekoms.


7. Hoe kan mense jou kontak?
Hulle kan my kontak by 081 318 2075 of hulle kan ‘n e-pos stuur na cheswyn.info@gmail.com Dan kan hulle ook my facebook page besoek: Cheswyn Ruiters Musiek asook my webblad cheswynmusic.co.za 

8. NasieInspirasie se tema vir die maand is Diep Spore en die legende van ons lewens wat ons eendag agterlaat. Hoe sou jy, as kunstenaar, diep spore wou trap in die mense om jou, spore wat impak maak?
Dat my sang jong mense inspireer om hulle drome te volg en om te werk aan hulle gawes. Ek sal graag jong sangers wil help om hulle sang te verbeter en om aan hulle raad te gee.

9. Vertel ons van jou Konsert?
Op 04 Maart sal ek my eerste Gospel konsert hou in Worcester. Kaartjies is R80 en dit sal wees in die Worcester stadsaal om 6 uur. Die konsert is om fondse in te samel vir my laaste jaar van studies by die Universiteit van Wes Kaap. So, ek moedig almal aan om te kom ondersteun. Gaskunstenaars is, Divine Purpose, Seve Music Kid, Selby Williams, Anna Mathews, Faniswa, Barenice Wildskud en Carlo Abrahams.

Allen Melite



Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde