Slaan oor na hoofinhoud

THE ROAR


Dis lanklaas wat 'n fliek my so opgewonde gehad het dat ek my man wil afvlieg om die uitsending in George te gaan kyk. Die fliek waarvan ek praat is THE ROAR, 'n Frans Cronjé film, wat ek onlangs in Pretoria met die vertoning daar gaan kyk het vir resensie doeleindes. Die film stem so wonderlik ooreen met Nasie se leuse en hartklop...

Die hele fliek gaan daaroor om uit te vind wat jou lewensdoel is, dit raak te sien en om dit te bereik. Spreker, Gustav Gous was ook daar gewees. Hy praat gereeld oor lewensdoel en sy insprake was vir my baie spesiaal gewees. Hy het gesê mense dink hulle het net een doel, maar ons het eintlik ten minste 9 doele wat God vir ons elkeen uniek gemaak/gegee het. Dit was vir my 'n baie lekker ervaring en veral om te sien hoe opgewonde Frans Cronjé is oor hierdie film!

The Roar vorm deel van 3 verskillende films onder die Purpose Campaign. 6 Below wys reeds by lokette, The Roar en Victor is die ander twee en word die 2de Maart en die 13de April bekendgestel #thepurposecampaign

6 Below is 'n fliek wat gebasseer is op die ware verhaal van Eric LeMarque. 'n Hokkie speler wat in die sneeu-berge verdwaal geraak het en hoe hy dan wonderbaarlik daaruit kom. Bear Grylls het self LeMarque se stappe herleef en gesê dit is menslik ontmoontlik gewees om hierdie omstandighede te kon oorleef, soos LeMarque het. LeMarque was ook verslaaf aan die dwelm, Crystal Meth, toe dit met hom gebeur het en hy eintlik erge ontrekkingsimptome ervaar, dit alles terwyl hy besig was om te veg vir sy lewe! 
(Bear Grylls se ervaring: https://www.youtube.com/watch?v=kwu4CLouyKU)

Victor is ook 'n ware-verhaal-film van 'n Ma en haar geloof in God ivm haar rebelse seun, Victor. Ons deel later meer nuus oor hierdie film.

Om terug te kom by The Roar; dit is vir my so spesiaal hoe God se Gees deur verskillende maniere en verskillende mense werk om sy boodskap oor mense en hulle doel te kommunikeer. Hy wil hê ons moet weet ons is hier vir 'n rede en ons elkeen het 'n doel en 'n werk wat ons in Sy Koninkryk moet doen. So hierdie fliek, The Roar, het vir my gevoel asof dit net vir my was, ek het daar gesit in die teater met trane, ek het gelag en ek was verstom oor hoe God amper al die vrae wat ek gevra het oor die laaste ruk, deur hierdie film, beantwoord het. Hy is so goed en as Sy kinders luister en hulle deel doen in Sy Koninkryk, bereik Hy Sy ander kinders ook en help ander weer om hulle doel raak te sien. Dit is wat vir my wonderlik is van hierdie fliek! Frans het beslis 'n gawe om 'n Christelike fliek toeganklik vir almal te maak. Enige iemand sal die fliek kan geniet - niks word afgeforseer nie, maar dat Frans 'n passie het vir wat hy doen en wat hy glo is baie duidelik deur hierdie film. Ek sien baie uit na die publieke bekendstelling van hierdie film. Ek gaan ALMAL nooi, "block-bookings" maak, my kleingroep, vriende, familie en my man! Wat my so opgewonde maak is dat mense hierdeur gaan kan sien dat DROME is nie maklik of vinnig of eenvoudig om te bereik nie. God is besig om te werk met elkeen van ons...en ons is Sy mede-werkers.



Besoek www.thepurposecampaign vir meer info!
Vir Groep besprekings by fliekteaters kan navrae gedoen word deur
 'n e-pos te stuur na: bookings@globalcreativefilms.com 

KYK DIE LOKPRENTE -

6 Below wys reeds by lokette, Lokprent: https://www.youtube.com/watch?v=s30aDnoz-LE

The Roar begin die 2de Maart, Lokprent: https://www.youtube.com/watch?v=hUOzHAeQo9c

Victor begin die 13de April, Lokprent: https://www.youtube.com/watch?v=m9ub4w-DJVg









Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde