Slaan oor na hoofinhoud

Tay Art


Chanté van der Spuy - TAY ART

In Desember 2017 het die 16-jarige Chanté, van Punt Hoërskool, die eerste keer haar kunswerke op facebook geplaas en ‘n golf-goeie-reaksie op haar skilderwerk gekry. Sterk oppad om Medies te studeer nà skool, het dit veroorsaak dat sy haar toekomsplanne her-oorweeg en besluit het om eerder vry-vlerk, met kunskwas, die toekoms in te stap.



“Ons het in Mosselbaai gewoon toe ek klein was, tot en met so 7-jarige ouderdom. Ons het daarna heelwat rondgetrek, maar het weer in Mosselbaai kom woon vanaf 2013, toe ek in Graad 6 was.”

“My ouma, Rina Vos, was ‘n bekende skildernaar, jare gelede”, vertel sy.
"Sy het my van die begin af ingelei, vir my verf in my hande gesit en geleer teken. Sy het die passie in my aangesteek. Ek het ook kreatiewe tydtjies saam met Ri
ëtte (Rut Art) deurgebring toe ek klein was, voordat ons getrek het. Ons het intussen weer kontak gemaak en skilder soms saam.”

Om te teken en te skilder was nog altyd ‘n manier om haar kop skoon te kry, …”nog van die begin af”, sê sy. ‘n Klomp verskillende kunsternaars inspireer haar. “Ek het ‘n hele lang lys van hulle”, lag sy lekker. “Tannie Ri
ëtte (Rut Art) is een van my grootste inspirasies in Mosselbaai en verder is dit meestal oorsese kunstenaars; Ivana Besevic, Elly Smallwood, Colin Davidson, Lionel Smit en ander.”

“Ek dink ek het een keer ‘n blom geverf...” Sy is baie lief daarvoor om eerder ‘Portraits’ (gesigte) te skilder. Dit is haar passie en dit maak haar gelukkig so daarom het sy besluit om kuns te studeer na skool. “Ek het al my skoolvakke ook verander.” Dit nou, om aan haar nuwe droom te bou. As sy uit idees hardloop, kom sy uit die huis uit en vertel van hoe ‘n Antieke/Tweede Handse winkel haar inspirasie weer losgemaak het en haar binnekant laat vlam het. “Klein goedjies kan ‘n mens help...”

“My familie is so, so ondersteunend”, vertel sy, dit is duidelik dat dit vir haar baie beteken. “Ek wil wat binne in my is express, dit gaan vir my minder oor om iets te maak wat ander inspireer. Ek wil gee wat uit my hart uitkom en ander sal iets daaruit kry. Ek sal daarvan hou as mense na my kunswerke kyk en op ‘n manier kan sien dat daar ‘n groot storie agter dit sit.

NasieInspirasie se tema vir die maand is “Diep Spore… Jy kannie diep spore trap as jy nie diep spore volg nie.” Dit gaan oor mentorskap, saawerk en saamgroei…”Hoe belangrik is mentorskap en saamwerk vir jou op hierdie stadium?” vra ek. “Eerlikwaar, dit is vir my amper 90% van die hele ding…Sonder dit sou ek nie geweet het waar om te begin en wat om te doen nie. Veral ook met tannie Riëtte…sy het my so onder haar vlerk ingeneem en my so baie gehelp. Klein goedjies, stukkies raad wat die wêreldse verskil maak. Net om daardie ‘support’ te hê sodat jy nou self op ‘n oop pad moet gaan nie. Mens kan dit self doen, maar jy kan ook vir jouself onnodige werk veroorsaak. Dit is vir my baie belangrik. Mens kan nie maklik iewers kom sonder mekaar nie.”

In ‘n video oproep het ek later met die twee kunstenaars gesels
(Chant
é en Riëtte) by ‘n saam-skilder geleentheid ivm ons tema; Diep Spore en mentorskap. Hulle altwee het gelyk, “BAIE!!!” geantwoord en gelag toe ek vra, “Wat het julle bymekaar geleer?”…

Dit het my net weereens laat besef dat alhoewel ons elkeen ons eie pad kies, loop en ons eie, unieke spore los; ons deur saam werk en saam leer mekaar diep kan aanraak en die impak daarvan nie sommer op ‘n ou-stofpad sal wegraak nie.

Riska du Plessis



Geniet hier net so paar van haar pragtige skeppings. Volg haar op sosiale media, facebook/Instagram onder Tay Art #nasieinspirasie


Tay Art ©













Tay Art ©







Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde