Slaan oor na hoofinhoud

Michael Lindt

Fotografie deur Salt, Light Photography

Michael Lindt, geliefde kunstenaar van die Tuinroete omgewing deel sy inspirasie, sy hart vir George en die geheim van sy lewe! #metdieliefde


1. Vertel ons lesers asb meer van jouself?
Ek is 'n sanger/liedjieskrywer/musikant omtrent so 10 jaar in die bedryf. Buiten my betrokkenheid as Musiekleier by 'n gemeente, is dit my voorreg om musiek te kan maak vir 'n lewe, en ek geniet elke oomblik daarvan...die nuwe mense wat ek ontmoet by geleenthede en ook die aanhangers wat my gereeld ondersteun wie se gesigte nou al bekend is.

2. Ons sien en hoor van jou meestal in die tuinroete omgewing. Hoe lank is jy al in hierdie omgewing?
Ek en my pragtige vrou, Marelize, woon nou al 19 jaar in George. As jy so lank op een plek bly is jy so te sê 'n 'local', en ons kan regtig sê dat die mense in George ons hartsmense is, maar ons is ook baie opgewonde om einde Oktober te verhuis na Oudtshoorn. Ons droomhuis het ons daar gevind en dit is dan boonop 'n bietjie nader aan familie. Ek gaan nogsteeds Sondagoggende by die Gemeente in George wees en ons het dan nou ook Sondagaande byeenkomste in Oudtshoorn wat ons baie dankbaar oor is.

3. Wie/Wat inspireer jou?
Nederigheid inspireer my.

4. Hoe belangrik is dit vir jou om te geniet wat jy doen?
Dis belangriker as enigiets. ‘Find a job you love and you’ll never have to work again’

5. Ons tema vir die volgende twee maande is MET DIE LIEFDE. Ons kan baie wonderlike dinge doen, maar sonder liefde beteken dit niks. Stem jy saam hiermee en hoe belangrik is dit vir jou om Liefde in jou lewe, ook deur wat jy doen, toe te laat?
Ek stem 100% saam. Liefde is die een ding waarsonder niemand kan leef nie. Om Liefde te gee is die geheim van die lewe.

6. Watter Suid Afrikaanse musiek luister jy graag? 
David Kramer, Corlia Botha, Brandon October, Julius Magan en Johan Voster

7. Wat sou jy sê vir ‘n sleepvoet-dromer wat hopeloos is oor sy toekoms en sy drome?
Wees altyd betyds, wees altyd getrou en bly lief vir dit wat jy doen.

8. Enige nuwe projekte/opnames/optredes waarmee jy besig is?
Soos ek genoem het, vehuis ons binnekort, maar so tussendeur die trek reëlings en vertonings is ek besig om te skryf vir my volgende CD. Ek sal seker vroeg volgende jaar begin met die opname daarvan, maar ons sal julle verseker op hoogte hou hiervan soos dit vorder.

9. Hoe kan mense jou ‘book’ vir optredes of jou doen en late volg? 

As jy my wil bespreek vir 'n geleentheid kan jy direk met Marí kontak maak op 073 833 6112 of info@michaellindt.co.za. Gaan 'like' gerus ook my FB blad https://www.facebook.com/michael.lindt/ om op hoogte te bly met nuus. Webwerf: http://www.michaellindt.co.za/

10. ‘n Quote, woord of gesegde wat jou tans inspireer??
‘People are often unreasonable, irrational, and self-centered. Forgive them anyway. If you are kind, people may accuse you of selfish, ulterior motives. 
Be kind anyway. If you are successful, you will win some unfaithful friends and some genuine enemies. Succeed anyway. If you are honest and sincere people may deceive you. Be honest and sincere anyway.

What you spend years creating, others could destroy overnight. Create anyway.
If you find serenity and happiness, some may be jealous. Be happy anyway.
The good you do today, will often be forgotten. Do good anyway.
Give the best you have, and it will never be enough. Give your best anyway.
In the final analysis, it is between you and God. 
It was never between you and them anyway.’ - Mother Teresa

                             Fotografie deur Salt, Light Photography

'n klein vonk kan 'n groot woud laat brand
#nasieinspirasie

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde