Slaan oor na hoofinhoud

Jannie du Toit - Oesjaar


Lenetjie von Wielligh van NasieInspirasie het die voorreg gehad om Jannie du Toit se bekendstelling van sy nuwe album - Oesjaar - by te woon Dinsdag 13 November, te Attebury Teater in Pretoria.

Sonder teleurstelling het die meester weereens die gehoor aangegryp met sy opregte lirieke en helende melodieë. Wanneer hy vertel van die Koffiekafeetjie, kan mens sommer die ryk aroma ruik en die eienaares voor jou sien lag. So ook lewer hy 'n hart-roerende hulde aan Christa Steyn, saam met wie hy 21 jaar lank nou gewerk het en die verhoog gedeel het. Sy, wat ent uit deur haar geveg met kanker, volgehou het dat "Sy genade is genoeg".

Elke lied het 'n bekoring van homself, maar mens kan nie help om die kalmte en wysheid van die grysheid in hierdie Oesjaar te bespeur nie. Deur sy loopbaan het Jannie al homself gevestig as 'n liedjieskrywer en verhoogkunstenaar, en bowenal 'n ambassadeur van Afrikaans en Christenskap. Oesjaar het oomblikke van lekker lawwe lirieke, maar ook lewenslesse wat 'n mens dae later nog bybly. 


Die slot woorde van die titelsnit is een van daardie frases: Maak nie saak wat jy aanpak, dit is volmaak solank jy dit doen: Met liefde, met liefde...


Chanie Jonker (klavier en trekklavier), Theuns Botha (perkussie) en Susan Mouton (tjello) ondersteun Jannie op die verhoog. So ook maak die a-capella groep, Breathe, 'n verskyning. Die groep het 'n bitter gepasde naam, siende dat die gehoor herinner moet word om asem te haal wanneer Gaby, Sizwe en Sandile, sing! Hul stemme vloei saam soos kabbelende water en laat jou in verwondering van hoe sorgloos hulle die mooiste harmonieë vorm, drie jong mense om verseker dop te hou in die toekoms!








Jannie en sy span pak ook 'n "Kaapse-draai" aan wat 'n vol-gepropde 17 optredes insluit. Die toer skop Saterdag, 1 Desember in Melville af en kom dan tot sy einde, Vrydag 21 Desember in die Nature's Valley Gemeenskapsaal.

Vir meer inligting oor opkomende optredes volg gerus die skakel: http://jdt02.blogspot.com/





'n klein vonk kan 'n groot woud laat brand
#nasieinspirasie

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde