Slaan oor na hoofinhoud

Coffee Snobs




Marius en Vernette tref elke dag met 'n LEWE NOU uitkyk. Hul musiek straal 'n egtheid en warmte. Inspirerend, roerend en met boodskap en liriek wat lank agterna bly al het die musiek reeds gestop. #noudatdieligopjouskyn

1.Vertel ons bietjie meer van julself?

Vernette:
Ek is oorspronklik van Pretoria en het daar grootgeword, Nadat ek geswot het, het ek in Johannesburg gewerk vir ‘n rukkie. Toe ek en Marius getroud is het ek Groblersdal toe getrek, waar hy op daardie stadium gewoon het. Daar het ons vir so 8 jaar gebly.

Ons het besef ons wil surfers wees! Ons het net besef die lewe is kort en as ons nie ‘n skuif gaan maak nie, gaan ons dit nooit doen nie. Dit was nie ‘n vinnige besluit nie, ons het daaroor gebid en dit is eintlik ‘n langer storie. Ons het toe Mosselbaai toe getrek en is nou amper ‘n jaar hier.

Marius: 

Ek het ‘n korporatiewe werk gehad vir 20 jaar en dit natuurlik gelos om ons passie en droom uit te leef. Ons doen nog dinge op die kantlyn maar die groot ding is die musiek vir ons.

Vernette:
Ons was jonk en ambisieus, ons hart was nog altyd in musiek, maar met een voet in die musiek en een voet in die korporatiewe wêreld as ‘n ‘back-up’. Marius het toe baie siek geword. Dit het ons net by die besef gebring dat die lewe kort is en jy nie gewaarborg is dat jy gaan oud word en pensioen kry en aftree nie. Mens word so gekondisioneer dat dit is waarnatoe jy moet werk, maar eintlik al waarborg is vandag. Dit het by ons die begeerte begin kweek om regtig dit te doen waarvoor die Here ons geskape het, waarvoor ons gemaak is, en om dit nie uit te stel tot eendag nie, maar om dit NOU te doen, want NOU is al wat ons het.

Marius: 

Ons kyk of dink soms terug en dink aan dinge wat ons dalk anders kon doen, as ons hierdie uitkyk gehad het. Kom ons doen dit nou en wees nie spyt nie.

Vernette: 

Dit is nie noodwendig maklik nie, ek wil dit net noem, want ons het nie die perfekte lewe nie. Dit is moeilik, jy het geen sekuriteit nie waar ons altwee gewoond was aan ‘n lekker salaris elke maand...maar die Here dra ons regtig en ons geniet dit!

2.Het julle ‘n liedjie wat ‘n baie goeie reaksie gehad het en watter liedjie is dit? Wat is die storie agter die liedjie?

Vernette:
Daar is ‘n paar, maar die een wat die meeste sukses gehad het was 'EIE LAND'. Hy was nommer 1 op ‘n paar radio stasies en so. Die storie agter die liedjie gaan oor Suid Afrika en ons liefde vir ons land. Niemand is blind vir die goed wat hier aangaan en die probleme wat ons in die gesig staar nie, ten spyte daarvan is ek passievol oor ons land en oor die mense hier en dis waar ek wil bly en my seuntjie grootmaak. Ek het nie ‘n probleem met mense wat trek nie, maar ek wil hier bly en myself hier vestig. Ek glo regtig hierdie land kan weer opstaan.

Marius:
Ons land is lam-gelê deur heelwat goed, maar almal het steeds daardie trots in hulle waaraan hulle net weer moet herinner word, oor Suid Afrika en wat ons het, ons het soveel diverse landskappe en kulture. Ons het al bietjie gereis en elke keer as ons terugkom Suid Afrika toe, voel ons baie bevoorreg. Net om ons eie pragtige land ook te sien wanneer ons toer, en die mense…..

Elke plekkie het sy uniekheid. Mens moet die mens sien vir wie hulle is. Elkeen het ‘n storie aan die binnekant. 



3.Hoe belangrik is dit, dink julle, om nie jou fokus die heeltyd op die negatiewe dinge in ons land te hê nie?

Marius:
Ons dink dit is baie belangrik. Ons het nie eens ‘n televisie nie en koop ook nie die koerant nie. Nie dat ons onsself wegou nie, maar dit kan ‘n ou baie negatief maak.

Vernette:
Die tyd waarin ons nou leef is daar so baie informasie waarmee jy gebombardeer word. Hulle sit nie die mooi stories op die voorblad nie. Ons het gekies om afstand te doen met daardie tipe goed. Mens raak te negatief en ek dink nie dis nodig nie. Op die end van die dag gaan dit oor jou persepsie. As jy jouself aan positiewe dinge blootstel gaan jy ‘n positiewe persepsie hê. Ons almal het uitdagings. Soms kies ons die verkeerde goed. Elkeen moet kies watter informasie jy vat. Kyk aan die goed vas of fokus eerder op wat wel reg is met die lewe.

4.Hoe belangrik is dit om liefde toe te laat in wie julle is en in wat julle doen?

Vernette:
Dit is sentraal tot wat ons doen! Enige kunstenaar sal vir jou sê:  daar is 'shows' wat 'great' gaan en daar is 'shows' wat net 'suck', waar net 3 mense opdaag. Ons het besef dat dit nie is waaroor dit gaan nie. Ons het besluit dat al beteken dit wat ons doen net vir een persoon iets, dan was dit die moeite werd. Ons is nie ‘n gospel band nie maar ons musiek is geestelik geinspireer. Ons hoop regtig dat dit ‘n boodskap dra en iemand se hart aanraak, al is dit nie op ‘n geestelike vlak nie, maar om ‘n positiewe invloed op iemand se lewe te hê.

Ons het een aand in George opgetree en die weer was baie sleg so die mense het nie lank gebly nie.

Daar was op die ou end net een ou wat in die middel van die plek gesit het en stip na ons gestaar het en die 'show' gekyk het. Toe besef ons dat ons dalk net hier moes wees om net vir hom te speel. Dalk was daar net iets wat hy moes hoor?  Ons het die 'show' klaargemaak en hy het dit ge-'love'.

Marius:
Ja, of jy nou vir 700 mense speel of een persoon, mens wil graag die groot 'crowd' en hande klap hê, maar dit is nie waaroor dit vir ons gaan nie.


5.Watter musiek luister en inspireer julle?

Vernette:
Ons hou baie van Laurika Rauch. Ek is mal oor haar musiek en het ook die voorreg om haar te ken. Elvis Blue skryf sulke mooi 'songs'. Les Juvan hou ek ook van.

Marius:
As daar dieper lirieke is… Laurika bv. se musiek is tydloos. So enige sulke tipe musiek. Ons geniet Afrikaanse musiek en ook om 'shows' te gaan kyk en hoe hulle dit aanbied.

6.Watter raad sou julle hê vir ‘n sleepvoet dromer?

Marius: 
Ons is nie gewaarborg oor die toekoms nie. Met my ervarings… ek was baie siek en het letterlik die dood in die gesig gestaar. Jy het ‘n droomlysie wat jy dalk eendag wil uitleef. As daar iets is wat binne in jou is, moenie wag vir die regte tyd nie. Die tyd gaan nooit reg wees nie. Jy moet die eerste tree gee, niemand gaan dit vir jou doen nie. Baie van die drome verg ‘n ander leefstyl, maar dit is moontlik.

Vernette:
Almal hoef nie hulle drome voltyds uit te leef nie. As jy kitaar wil speel hoef jy nie so goed soos Eric Clapton te klink nie, doen dit omdat dit vir jou lekker is. 



7.Hoe lank surf julle al?

Marius:
Ons het so jaar terug begin. Ons geniet dit baie, dis moeilik, maar ons geniet dit baie!

8.Het julle enige nuwe projekte/dinge waaraan julle werk?

Vernette:
Ons het vroeër die jaar 'Lig' bekendgestel en is genomineer vir ‘n huisgenoot tempo toekenning.

Ek is aan die skryf en het ook kennis gemaak met Riana Scheepers wat ‘n bekende skrywer is. Sy het ‘n mooi gedig geskryf wat ek getoonset het. Ons sal dit graag volgende jaar wil uitbring op ‘n album.

9.Het julle inspirerende 'quote' of gedagte om te deel?

Marius: 
LEWE volluit en LEWE nou. Moenie jou drome uitstel nie, doen dit nou.

Vernette:
Life is too short to drink bad coffee. 


'n klein vonk kan 'n groot woud laat brand
#nasieinspirasie
FACEBOOK
INSTAGRAM
TWITTER



Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde