Slaan oor na hoofinhoud

Met die Liefde


Sonder liefde is ons ‘n galmende simbaal. As ons dinge doen sonder liefde, maak ons net ‘n geraas. Dan is ons net nog ‘n individu wat opsoek is om net sy eie selfsugtige begeertes te bevredig en almal is net ‘n trappie op die leer na sukses. Dan is ons lewens maar eintlik leeg en vlak. MAAR as ons alles in die lewe aanpak met die liefde as ons dryfveer, dan maak ons ‘n verskil. Dan word ons deel van die groter prentjie en verryk in die proses ook ons eie lewens. Dit is bevredigend om ander te help om hulle drome te bereik asook gelukkig en gesond te wees.

Jy kan nie na iemand op die straat stap en klerekas of verhouding advies gee nie. "People don’t care how much you know until they know how much you care." 



Elkeen het ‘n vrye keuse. So met die liefde kom ‘n verantwoordelikheid en kan ons ‘n positiewe verskil in ander se lewens maak. 
"Speaking the truth in love." Eph 4:15

Toe ek klein was het my niggie by ons gebly vir ‘n rukkie. Sy het eendag ‘n kat daar aangebring. My pa hou nie van katte nie. Hy het heeltyd grappies gemaak van hoe hy ontslae gaan raak van die kat, maar soos die tyd aangestap het, het my pa natuurlik begin liefraak vir hierdie kat en later het hy selfs die kat begin vryf as hy dink niemand sien hom of gee genoeg aandag aan hom nie. So #metdieliefde kom verandering en groei.

As ek dink aan wat liefde is, dink ek aan daardie prentjies wat mens altyd op 'chappie' papiertjies gekry het, dit was baie lank terug, haha! Die een wat ek myself nooit mee kon vereenselwig nie is “love means never having to say you're sorry”. Min het ek geweet dit kom van ‘n film af, voor my tyd...



Ek verstaan nou waar die gesegde vandaan kom, dat jy nie jammer hoef te sê nie, want liefde is onvoorwaardelik. Ek voel steeds dat #metdieliefde kom ook die besef en begeerte om reg te maak as jy verbrou het.

Regte liefde is natuurlik soos alles wat in 1 Korintiërs 13 verduidelik word, vriendelik, geduldig. Ons lees soms daardie versies en kan dit selfs op
sê, maar ons moet onsself elke dag herinner om te doen wat dit sê, want ons is mens, ons is geneig om gereeld terug te verlang na Egipte se potte. Gelukkig is die Here se genade net genoeg vir elke dag, soos die manna en kan ons ook daardie selfde genade en liefde aan ander bewys. 



My nuwe gunsteling versie s
ê dit die beste!

Romans 12:10 The Message (MSG)
9-10 "Love from the center of who you are; don’t fake it. Run for dear life from evil; hold on for dear life to good. Be good friends who love deeply; practice playing second fiddle."
(Lees ook die hele Romeine 12)

geskryf deur Melissa Viljoen
Met die Liefde skets deur Lenetjie von Wielligh


LUISTER ONS METDIELIEFDE liedjie nou beskikbaar op digitale platforms: iskra feat Vlambojant & Hakkiesdraad Hartman - MET DIE LIEFDE: https://itunes.apple.com/us/album/met-die-liefde-feat-hakkiesdraad-hartman-vlambojant/1438984043




'n klein vonk kan 'n groot woud laat brand

#nasieinspirasie
FACEBOOK
INSTAGRAM
TWITTER
  

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde