Slaan oor na hoofinhoud

Alwie Carstens


Alwie Carstens is 'n musikant van Kaapstad. Alwie spits homself daarop toe om tydlose musiek te skep wat die luisteraar se siel aanraak.

1. Vertel ons lesers meer van jouself?


Ek is in Nabapeep, Namakwaland, gebôre, maar het in Pofadder in die Boesmanland grootgeword waar my ouers die koshuisouers was. Ek het my skoolloopbaan aan die Hoërskool Namakwaland in Springbok voltooi.
Ek het wonderlike kinderjare gehad. Ek onthou hoe ek en my vriende skerpioene gevang, kettie geskiet en heuning uitgehaal het. Dit is hierdie aardsheid en kosbare herinneringe wat ook my musiek inspireer.


Ek het myself leer kitaar speel op ouderdom 16 en het al twee albums uitgereik. My musiek het ‘n storieverteller aanslag. Ek toonset gedigte van my ma, Cecile Carstens. My debuutalbum, Die Kuiergas, is in 2013 uitgereik en daarna het ek Knapsak Stories in 2015 uitgereik – met tien oorspronklike liedjies wat my liedjies Piet Geustyn en I’m Living Life insluit wat gereeld op RSG gehoor word.

Ek is tans is ‘n toegelate prokureur wat voltyds werk as ‘n Nakomingskonsultant (“Compliance Officer”). Ek het ‘n passie vir die finansiële wêreld en my werk behels eksterne praktyk- en risikobestuurkonsultasiewerk vir die verskaffers van finansiële dienste. Ek is passievol oor my werk én my musiek en probeer om ‘n gesonde balans tussen my beroep, persoonlike lewe en musiekloopbaan te handhaaf.

2. ‘Jou musiekvideo/liedjie ‘Living Life’ - vertel ons meer daarvan? Waaroor gaan die liedjie?


Hierdie liedjie is geskryf deur ‘n vriend van my, Ben Melosh. Die liedjie dra ‘n boodskap van om elke dag voluit te lewe. Ek vra dat die lewe moet goed wees vir my en my vriende. Vir die musiekvideo het my vriende van reg oor die land Kaap toe gekom vir ‘n naweek om die video te skiet gedurende Desember. Ons het in Grabouw op ‘n plaas gebly, ‘n ou kar gehuur en net rond gery en geshoot ooral waar dit mooi is! Dit is verseker een van die hoogtepunte van my musiekloopbaan. Kyk die musiekvideo hier: https://www.youtube.com/watch?v=cr55KwqGvtg

3. Wie/Wat inspireer jou?

Die natuur, mense se stories en kunstenaars wat musiek maak wat anders is as die norm. Eerlike, opregte, aardse mense inspireer my. Mense wat my anders oor die lewe laat dink inspireer my.

4. Hoe belangrik is dit vir jou om te geniet wat jy doen?

Ek sien my musiek as ‘n stokperdjie. Musiek is vir my ‘n kreatiewe uitlaatklep en ‘n manier om mense aan te raak. Sodra musiek vir my ‘n werk moet raak, glo ek dat ek dit nie meer sal geniet om musiek te maak nie.

5. Ons tema vir hierdie tyd is familie en gesonde verhoudings in die huis. “If you want to change the world, go home and love your family...” Wat beteken dit vir jou en watter bydrae het jou familie tot jou as musikant gemaak?


Ek stem volkome saam met die stelling. Om groot te droom is soveel makliker as familie jou drome ondersteun. Ek is werklik geseënd met ‘n wonderlike ondersteuningsraamwerk van familie en vriende. In familie konteks glo ek dat dit belangrik is om konstant opreg belang te stel in mekaar se lewens en mekaar se drome te ondersteun in goeie en slegte tye.

6. Watter suid afrikaanse musiek luister jy graag? 

Joshua na die Reën

Laurika Rauch

Matthew Mole

Theuns Jordaan

Richard van der Westhuizen

7. Wat sou jy sê vir ‘n sleepvoet-dromer wat hopeloos is oor sy toekoms en sy drome?


Geen sukses kom sonder harde werk nie. Enigiets wat jy vandag doen het ‘n impak op die dag van môre, al is dit hoe klein. Wees geduldig en glo dat die regte deure sal oopmaak op die regte tyd. Moet nooit enigiets probeer ryp druk nie. Werk hard, doen jou beste en moet nooit moed verloor nie.

8. Enige nuwe projekte/opnames/optredes waarmee jy besig is?


Ek droom daarvan om ‘n volwaardige verhoogproduksie met my liedjies te skep en werk tans daaraan. Ek is ook besig om nuwe musiek op te neem vir my derde album wat ek beoog om binne die volgende 2 jaar bekend te stel. Ek was weer hierdie maand by BlooRoom studios in Ladismith. 
My vervaardiger is Jo Ellis.

9. Hoe kan mense jou ‘book’ vir optredes of jou doen en late volg? 

Mense kan optredes bespreek deur ‘n e-pos te stuur na info@alwiecarstens.co.za.

Hulle kan ook my webtuiste besoek by:

www.alwiecarstens.com
Volg my op Facebook: www.facebook.com/alwiecarstensartist/
Instagram: alwie_carstens
Youtube: https://www.youtube.com/channel/UC5wFh4_K6MdPhOr8VrlrG3w
Itunes: https://itunes.apple.com/us/artist/alwie-carstens/911952262
Soundcloud: https://soundcloud.com/alwie-carstens

10. ‘n Quote, woord of gesegde wat jou tans aan die gang hou?
Alles gebeur met ‘n doel.

Alwie Carstens


'n klein vonk kan 'n groot woud laat brand #nasieinspirasie

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde